Herverspreiding van grond moet weer bedink word, s? Zuma

Deel op
Die huidige stelsel van gewillige koper/verkoper werk nie, sê pres. Jacob Zuma, en 'n “meer pragmatiese formule” vir die herverspreiding van grond is nodig. Zuma het Maandag op Giyani in Limpopo, die regering se omvattende landelike ontwikkelingsplan bekend gestel.

Hy meen ook dit is belangrik dat die nuwe formule nasionale versoening in ag neem. Die president het voorts gesê die landelike ontwikkelingsplan moet armoede, hongersnood, werkloosheid en die gebrek aan ontwikkeling aanspreek.

Maar die belangrikste doelwit is om landbouproduksie te stimuleer om voedselsekerheid te verseker. Dus moet opkomende boere toegang hê tot lenings en ondersteuningsdienste van gehalte.

Die fokus sal wees om gemeenskappe aan te moedig om hul eie kos aan te plant. Maatreëls sal ook in plek gestel word om arm huishoudings toegang te gee tot basiese kossoorte teen bekostigbare pryse.

“Deur al die belanghebbende groepe in die landbousektor te betrek, sal die regering ondersoek moet instel na goedkoper wyses waarop grond bekom kan word,” het hy gesê.

Die regering het oor die mediumtermyn reeds R2,6 miljard aan provinsiale regerings beloof. Dit sal vir die verbetering van die landbou-infrastruktuur, opleidings- en adviesdienste, bemarking en die opgradering van landboukolleges gaan.

10 pound freeАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.