Chiluba onskuldig op alle aanklagte

Deel op
Frederick Chiluba, voormaliger president van Zambië, is gister onskuldig bevind op alle aanklagte van korrupsie. Die uitslag word as ’n toetsbeslissing teen ’n oud-Afrika-staatshoof beskou.

Westerse lande loof Zambië gereeld vir sy stryd teen korrupsie en waarnemers glo die beslissing skaad die land se reputasie.

Twee sakelui wat saam met Chiluba aangekla is, is skuldig bevind op aanklagte van diefstal en die onwettige besit van staatsgeld en vir drie jaar elk tronk toe gestuur. Landdros Jones Chinyama het gesê die staat het nie genoegsame bewys kon lewer vir hulle saak teen Chiluba nie.

Chiluba, wat as staatshoof gedien het tussen 1991 en 2002, is daarvan beskuldig dat hy staatsgeld van byna R4 miljoen gesteel het. In 2007 het ’n Britse regter Chiluba beveel om R460 miljoen aan die Zambiese tesourie terug te betaal om die land te kompenseer vir geld wat hy glo tydens sy ampstermyn gesteel het.

трековые светильники производителиДанильченко Юрий Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.