Taalpessimisme maak mense moedeloos, pendule sal weer swaai

Deel op

Ek dag ek gooi maar net my mening in. Die taaldebat heers nou weer op Praag en ek kan myself met beide kante vereenselwig, die vrees dat Afrikaans geheel en al sal verdwyn en die wete dat dit tog sal voortbestaan.

Deel op

Die vrees dat Afrikaans totaal verdwyn, word oorspeel en ek dink ook nie dit het veel waarde nie; dit maak mense net depressief… en die afkraak- en negatiefmaakargument werk nie vir Afrikaners nie. Dit maak hulle negatief en lus om die land te verlaat. Die HNP en KP kwyn nou al vir jare met hulle negatiewe houdings. 'n Positiewe benadering werk beter. Dis beter om vir mense te sê dat ons moet werk daaraan om die pendule vroeg om te draai. Die houding by mense is dan anders; hulle weet dit gaan verander; hulle wil hê dit moet vroeër gebeur; dit maak hulle vol selfvertroue oor hulle argumente en dit maak ander mense meer vatbaar daarvoor.

Afrikaans het baie boeke, skole, tydskrifte en koerante, webwerwe, radiostasies en selfs 'n TV-kanaal. Afrikaans het nie in die Kaap onder Britse beheer uitgesterf nie en dit gaan ook nie onder die Afro-saksers uitsterf nie. Wat wel gaan gebeur is dat ons baie woorde gaan verloor en baie Engelse woorde gaan erf, nie veel anders as wat met die Frans/Hollands-kombinasie aan die Kaap gebeur het nie (behalwe dalk met meer woorde).

Wat belangrik is, is dat ons vir Afrikaners moet benadruk dat dit wel gaan verander, dalk nie nou nie, maar later. Dat dit groot siklusse is waaroor hulle min beheer het en dat dit kom of hulle dit nou wil hê of nie. Dit skep 'n soort afwagting by die een kant en 'n vrees dat hulle onbelangrik en in die moeilikheid gaan wees by die ander kant. Niks soos die vrees vir die onafwendbare om joernaliste geleidelik oor jare heen te swaai nie (soos wat ná die einde van apartheid gebeur het). Eiebelang en werk of geldlike sekuriteit troef vir 95-99% van mense alles.

Dan is dit nou maar eenmaal so dat hierdie goed in siklusse loop. Tans is ons besig om nog te na die lamsakkige geslag (dis nou die skuldig voelende, arme wonderlike swartmense, kom ons praat Engels om almal in ag te neem-groep) oor te slaan, soos wat hulle ouer word en meer invloed verkry. Dit beteken nie dat dit die einde is nie; dit beteken maar net dat ons vir nog 'n ruk moet wag vir die pendule om terug te kom (na my mening het hy reeds in seker opsigte gedraai). Soos die taal nou kwyn, sal hy weer opbloei as ons weer selfregering verkry (soos tydens die vorige taalomwentelings). In baie opsigte het Afrikaans reeds verbeter; daar is baie musiek en kuns wat gepleeg word, baie jongmense wat na Afrikaanse rockgroepe luister, ens.

Ons gaan intussen woorde verloor, maar ons is 'n te groot groep vir die taal om uit te sterf. Ná baie Jode in die 1940s omgekom het, is daar meer van hulle as ooit. Onderdrukking is seker die beste ding vir groei, soos die kunsmatige aanmoediging deur die ou NP die slegste ding daarvoor was. Ek dink ons sal 'n vorm van selfregering binne 15 jaar vekry. Ja, dis lank, maar dis lank want 'n nuwe "nie-skuldige geslag" moet eers grootword en meer mag begin bekom (hier, asook in Europa en die VSA).

Die mode in Europa is om vir minderhede kultuurregte te gee. Ons moet oor die volgende 5 jaar die idee propageer. Ons moenie vir mense vertel dat hulle dit wil hê nie, ons moet hulle vertel dat dit die nuwe wêreldmode is, dat dit vroeër of later gaan gebeur omdat Europa en die VSA dit van lande gaan vereis, net soos hulle tans "demokrasie" vereis.

Dit moet ook duidelik gemaak word dat dit goeie wêreldklasskole (nie Afrikaanse skole nie, maar wêreldklasskiole; hulle gaan toevallig Afrikaans wees) sal beteken en beter veiligheidsdienste. Dit moet ook gepropageer word dat dit nie die voorloper vir afstigting is nie, maar 'n poging om mense beter te integreer (soos in Europa). Die heel belangrikste is dat dit gaan gebeur, vroeër of later; dis onkeerbaar.

насосная станция пожаротушенияОлександр Васильович Фільчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.