‘Mynmaatskappye het maatskaplike verantwoordelikheid’ – minister

Deel op

Image

Susan Shabangu

Mynmaatskappye beskik oor 'n verantwoordelikheid om hul winste in die gemeenskappe waarin hulle bedrywig is, terug te ploeg, het die minister van minerale sake, Susan Shabangu, gesê.

Deel op

"As ons 'n lisensie aan 'n mynmaatskappy uitreik om die rykdom van ons land te myn, moet so 'n maatskappy 'n maatskaplike en arbeidsplan voorlê," het die minister gister in 'n verklaring gesê.

"Hierdie planne vereis dat maatskappye in gemeenskappe waarin hulle bedrywig is, sal belê en hul omstandighede sal verbeter."

Die ministerie het die verklaring uitgereik nadat Shabangu Saterdag 'n oorhandigingseremonie van 'n preprimêre ontwikkelingsentrum aan die gemeenskap van KwaNzimakwe naby Port Edward bygewoon het.

Die sentrum word as 'n gemengde openbare-private vennootskap tussen regeringsdepartemente, 'n sementmaatskappy en die gebied se munisipaliteit bedryf word.

"Toekomstige geslagte myningenieurs en geoloë moet vanuit die voorheen benadeelde gemeenskappe kom.

"Dit is waarom ons vir demokrasie in Suid-Afrika geveg het, om kinders die kans te gee om dít te bereik waaroor hulle voorheen net kon droom," het sy gesê.

slot machines no download no registrationОлександр Васильович Фільчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.