Jansen begryp min van taalstryders se motiewe

Image

Dit blyk uit prof. Jonathan Jansen se artikel 'n Probleem met houding dat hy maar min begryp van die werklike motiewe van die taalstryders.

Hy beweer dat dit vir baie van hulle om die behoud van mag gaan. Watter mag het die taalstryders wat hulle sou wou behou?

Dit gaan vir hulle om die voortbestaan van Afrikaans – onder meer as onderwystaal.

Die werklike rede vir die taalstryd is die maghebbers se benadeling van Afrikaans.

Daar was geen taalstryd voordat onderwysdepartement e begin het om sommige Afrikaanse skole se taalmedium te verander, en die gebruik van die taal by histories Afrikaanse universiteite soos dié van Stellenbosch en Pretoria so ingekort is dat bepaalde vakke glad nie meer in Afrikaans gedoseer word nie.

Die howe het die taalstryders gelyk gegee in ’n hele paar gevalle waar departemente Afrikaanse skole se taalmediumbeleid wou verander.

Wil Jansen eintlik sê dit was verkeerd om in sulke gevalle vir die taal te veg?

Jansen praat van die “afdwing” van Afrikaans, maar geen taal is in ons geskiedenis in so ’n groot mate afgedwing as Engels in die afgelope 200 jaar nie – veral nou weer in die laaste vyftien jaar.

Geen taalstryder wil Afrikaans afdwing op ander nie; al wat ons vra, is “ ’n vaste plek vir Afrikaans”, soos Hermann Giliomee en Lawrence Schlemmer in hul boek met hierdie titel vra.

Behandel Afrikaans billik, en die taalstryd sal ophou.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.