Intussen moet ons moed hou

ImageDie Afrikaners moet oorleef tot die jaar 2009. Dan sal ons met meer sekerheid weet dat die Wêreldbekersokker-debakel nie gaan plaasvind nie. Op daardie stadium behoort die middelpunt-vlietende kragte in ANC-geledere ook naastenby uitgewoed te wees. Bekwame en ervare mense sal dan genoodsaak word om die landsregering oor te neem. Hiervoor is geen bevolkingsgroep beter geskik as die Afrikaners nie. Ons moet voorbereid wees hiervoor.

Die barste in die ANC-muur kan nie veel langer toegeplak word nie. Een van die drie vennote van die ANC-alliansie het reeds te kenne gegee dat hy sy eie paadjie met die eerskomende verkiesing wil loop. Maar veel erger is die onderlinge wantroue en gevegte wat in ANC-geledere onbelemmerd voortwoed. Neem byvoorbeeld die Suid-Afrikaanse Polisie wat uit groot, vet polisiemanne bestaan waarvan die oorgrote meerderheid te vet is om ʼn misdadiger aan te keer en in elk geval nie ʼn verklaring van ʼn klaer kan uitskryf nie. Die Skerpioene lê oorhoop met die kommissaris van polisie Jack Selebi, en hy is weer oorhoops met die Nasionale Intelligensiediens waarvan die voormalige hoof, Billy Masethla, deur Mbeki ontslaan is en sodoende het Mbeki nog ʼn vyand van ʼn senior ANC-lid verwerf. Dan is daar ook spioene van die vorige vryheidsvegters en vryskut-intelligensie-agente van buitelandse organisasies en multi-nasionale maatskappye in die polisiediens bedrywig. Voeg hierby dat Jackie Selebi tot bokant sy ore betrokke is by die rampokkerwêreld van sy vriende Agliotti wat teregstaan op die moordklag van Kebble.  Dit gebeur alles in een enkele staatsdepartement. ʼn Mens kan in hierdie trant ten opsigte van alle staatsdepartemente voortgaan met Finansies enigsins as uitsondering. Oor al die ellende word gereeld in die pers verslag gedoen maar dit sluit natuurlik nie Naspers in nie want hulle is polities korrek. Die onbeholpenheid van die polisie wat nie in staat is om naastenby die misdaadgolf te bekamp nie, is as enkele faktor voldoende om die Wêreldbekersokkertoernooi in 2010 te kelder. Ja, MacBride is nie deel van die SAPD nie, maar hy word nie aangeklae dat hy van die fuifparty lekker-lekker in sy ampsmotor gery het nie.

Een van die probleme wat die ANC-bewind het, is die feit dat mag korrupteer en absolute mag korrupteer absoluut (om ʼn Engelse uitdrukking letterlik te vertaal). Dit is later ook nie meer lekker om te regeer nie aangesien die probleme steeds meer word en die oplossings word omgekeerd eweredig minder. Nog later word daar nie meer aan oplossings gedink nie en op daardie stadium word probleme geignoreer soos Mbeki doen. In stede daarvan om na die landsprobleme om te sien, bestyg hy sy duur en deftige vliegtuig om in Viëtnam sement te gaan koop of om in Europa by sy blanke vriendjies in Londen, Parys en Berlyn en nou by die G8 lande se byeenkoms in Rostock te gaan rinkink. Intussen bly hy ʼn volslae kommunis en het as sy hegte vriende Mugabe, Aristide en die spul kommuniste van Viëtnam en Sjina.

Nou is dit die plig van elke Afrikaner, om in plaas daarvan om die duisternis te vloek, ʼn kers aan te steek wat in die duisternis brand. Daar is egter ook, soos Langenhoven gesê het, die briekaandraaiers teen die steil bult uit. Daar is gelukkig mense wat iets positief wil doen; vyf-en-twintig Afrikaners het in 1995 bydraes ten opsigte van die meeste portefeuljes in die staatsbestel onder die naam ‘N LAND VIR DIE BOEREVOLK gepubliseer. Dit bevat positiewe riglyne vir die Boerevolk. ʼn Aantal Afrikaners het besluit om hierdie publikasie op te dateer en elke portefeulje tot die huidige by te werk. Afgesien daarvan dat dit ʼn nuttige publikasie kan wees, gaan dit tenminste die bydraers verplig om na te  dink, diep na te dink en om met positiewe en rigtinggewende gedagtes na vore te kom. Ons kort slegs nog ʼn de~la~Rey-liedjie en dan sal die Boerevolk weer marsjeer.

Die Afrikaners word daaraan herinner dat hulle die magtigste volk in Afrika is. Dit is die mense wat die modernste staat in Afrika uit die grond opgebou het. Dit is hulle wat die eerste in die wêreld was om ʼn hartoorplanting te doen, wat ʼn kernbom kon vervaardig, wat die modernste paaie en die beste weermag in Afrika gehad het, goeie skole en universiteite gebou en talle ander voortreflike instellings gevestig het. Dit kan alles weer ge-ewenaar word, mits soos Jan Brand gesê het, elkeen sy plig doen deur vasberade en moedig die toekoms tegemoet te gaan. Ons het polities alles om te wen en niks om te verloor nie. Ons moet maar net insien dat die toekoms aan ons behoort.

производственная мебель

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.