Ons eie Muur van Herinnering byna voltooi

Deel op

Image

Etlike maande gelede was daar heelwat polemiek oor die sogenaamde muur van herinnering wat die departement van kuns en kultuur by Fort Klapperkop laat oprig het. Die name van terroriste asook hul handlangers soos Kubane en Russe wat in Angola en Suid-Wesafrika in gevegte teen die SAW omgekom het, is daarop aangebring. Die name van Boeresoldate wat in die Anglo-Boere Oorlog gesneuwel het, is egter wel op die muur aangebring.

Deel op

Lede van die SAW, wat vandag as die "vyand van die mense" beskou word, is doelbewus weggelaat. Dit het baie ontsteltenis by sommige instansies veroorsaak, maar die uiteinde van die saak was dat ons eie Muur van Herinnering nou by die Voortrekkermonument opgerig word.

Genl Gert Opperman het verlede jaar soos volg berig: "Die muur word ongeveer 100 m ten weste van die VTM aan die binnekant van die ringpad om die VTM geplaas, waar dit 'n logiese geheel vorm met, maar heeltemal afsonderlik staan van die Erfenissentrum en die VTM-Gedenktuin. Dit word geplaas in die gedeelte wat as deel van die VTM se makrobeplanning goedgekeur is as 'n Tuin van Standbeelde, wat eers later verder ontwikkel sal word."

Dit is só geplaas dat dit glad nie inmeng met die VTM nie. Trouens, dit is agv groot bome bykans nie moontlik om die VTM te sien vanaf die plek waar die Muur opgerig gaan word nie.

Die Muur word ontwerp deur MEG Argitekte, die kasteel word as embleem daarin vervat en dit sal ook voorsiening maak vir 'n vlam van herinnering.

Alhoewel daar in die onmiddellike omgewing voorsiening gemaak sal word vir .n standbeeld wat later aanvullend opgerig sou kon word, vorm dit nie deel van die aanvanklike ontwerp en beplanning nie.

Daar sal voldoende ruimte wees vir herdenkingsgeleenthede, alhoewel dit eerder as besoekpunt vir besoekers aan die VTM en nie net vir herdenkingsgeleenthede nie, gebruik sal word.

Oprigting en koste

Ons het reeds die granietpanele gratis bekom en die gravering sal ook gratis vir ons gedoen word. Die basiese grondwerk word ook gratis vir ons gedoen.

Die fisiese oprigting, afronding en landskapering sal deur die VTM uit eie vermoë gedoen word en die vlak van afwerking sal minstens net so goed soos díé van die VTM- (Nis-)Gedenktuin wees.

Daar sal fondse ingesamel moet word ten einde die publiek die geleentheid te gee om betrokke te raak en om te verseker dat geen staats- of VTM-fondse daarvoor aangewend word nie.

In 'n opvolgverslag berig generaal Gert opperman vandag soos volg:

"…ons vorder baie goed met die oprigting van die Muur van Herinnering vir die afgestorwe lede van die SA Weermag. Die grondwerke is afgehandel, die fondasies word tans gegrawe en die beton sal vroeg volgende week gegooi word, waarna die bou van die muur sal begin.

Daar word ook baie goed gevorder met die bywerking van die naamlys wat op die Muur sal verskyn. Die granietpanele sal teen einde September 2009 gereed wees en ons behoort op 18 Oktober gereed te wees om die Muur in te huldig.

Ons het reeds net meer as R105 000,00 in kontantbydraes vir die muur ontvang, asook by 'n R100 000,00 se skenkings in terme van goedere en arbeid. Ons benodig daarbenewens nog ongeveer R90 000,00 in die vorm van kontantbydraes, om te verseker dat ons nie van belastingbetalers- of VTM-fondse daarvoor gebruik maak nie."

игрушка интернет магазинФильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.