SA benodig ‘aktivistiese staat’ s? Zuma

Deel op
President Jacob Zuma het Donderdag die Griekse, Portugese en Italiaanse gemeenskappe weer ontmoet nadat hy tydens 'n soortgelyke byeenkoms voor die verkiesing belowe het om dit te doen.

Hy is deur die minister van finansies Pravin Gordhan, die minister van polisie Nathi Mthetwa, en minister van handel en nywerheid Rob Davies, vergesel. Ministers Aaron Motsoaledi, Edna Molewa, Ebrahim Patel, Susan Shabangu, Blade Nzimande en adjunkminister Andries Nel was ook deel van die geleentheid.

Menseregteadvokaat George Bizos en sakeman Vivian Reddy het ook die ontmoeting bygewoon wat in 'n saal in Germiston gehou is.

ANC-woordvoerder Jessie Duarte, asook die hoofde van die missies van Italië, Portugal, Brasilië en Mosambiek, was teenwoordig.

 
Die Suid-Afrikaanse regering, het die president gesê, ondersteun 'n gemengde ekonomie wat elemente van staatsintervensie, eienaarskap en regulering van privaatbesit en kompetisie saamsnoer.

"Ons doel is om die gepaste balans van al die elemente te bereik om die doelwit van maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling te bereik," het Zuma by die geleentheid gesê.

Hy het gereageer op 'n vraag of sy administrasie 'n vrye mark of "'n linksgesinde soort ekonomie" verkies.

Zuma het gesê daar moet erkenning wees vir Suid-Afrika se oorgeërfde werklikhede, soos die marginalisering van die meerderheid en die hoë vlakke van ongelykheid en armoede wat die noodsaak van 'n "aktivistiese staat" verhoog.

Dit beteken dat die staat oor die instrumente beskik om die land se ontwikkelingsuitdagings te kan hanteer.

Die gemeenskappe het Zuma in September 2008 ontmoet om hom te vertel van hulle vrese oor misdaad, die ekonomie, vaardighede en opvoeding, korrupsie, breëbasis swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie.

Zuma het 'n warm ontvangs geniet en die gemeenskappe het hom bedank dat hy sy belofte om terug te keer indien hy verkies word, nagekom het.

Die geleentheid is deur Heleense, Italiaanse en Portugese verteenwoordigers, die HIP-alliansie, georganiseer om skakeling tussen dié gemeenskappe en die regering te vergemaklik.

обуви кривойОлександр Васильович Фільчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.