Franse swembad verbied ‘boerkini’

Deel op
Image

‘n Boerkini

'n Franse openbare swembad in 'n voorstad van Parys, Emerainville, het 'n Moslemvrou in 'n "boerkini" verbied om daar te swem.

Franse wetmakers, 32 van hulle, is tans besig om te oorweeg of die boerka, die allesbedekkende kledingstuk wat deur Moslemvroue gedra word, verbied behoort te word of nie nadat president Nicolas Sarkozy vroeër gesê het dit is "nie welkom" in sekulêre Frankryk nie.

Amptenare van die Emerainvilleswembad sê hulle het die vrou in Julie toegelaat om te swem met haar "boerkini", 'n soort swempak met lang moue en bene en 'n kopmasker.

Toe sy egter in Augustus terugkeer, is sy aangesê om die swembad te verlaat aangesien haar kledingstuk nie "higiënies" is nie. Daniel Guillaume, swembadopsigter, sê die personeel het haar herinner dat "dit by alle (openbare) baddens verbode is om met klere te swem".

Die Franse dagblad, Le Parisien, sê die vrou net bekend as Carole, is 'n wit Franse bekeerling tot Islam en dat sy vasberade is om die beslissing in die howe te laat toets.

"Dit is doodeenvoudig segregasie," het sy aan die koerant gesê. Sy het haar "boerkini" tydens 'n onlangse vakansie in Doebaai aangekoop. "Ek het gedink ek kan swem geniet sonder om myself te ontbloot."

Plaaslike burgemeester Alain Kelyor sê dit het "niks met Islam te make nie," en dit is geen Moslemswempak nie want dit bestaan nie in die heilige Koran nie.

'n Kommunistiese parlementslid, Alain Gerin, het die swembadbestuur geloof vir hulle besluit en gesê die vrou se optrede is die bewys dat daar 'n politieke agenda agter die kledingstuk skuil.

продвижениетопкарго развод

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.