VSA se man in Afghanistan koop fluks stemme

Deel op
Die Britse koerant, The Times, het met verskeie ooggetuies gepraat wat bevestig het dat die Amerikaansondersteunde kandidaat in die komende verkiesing in Afghanistan, dienende president Hamid Karzai, besig is om stemme te koop in die suide van die land.

Die suide is tradisioneel die president se magsbasis. Die ongerymdhede kan daartoe lei dat die verkiesing se legitimiteit ernstige skade ly en opstande in die noorde van die land veroorsaak

Verskeie stamhoofde en plaaslike inwoners in die Helmandprovinsie het verslag gedoen van 'n sistematiese en uitgebreide proses van stemkopery.

Een stamhoof in die Marjadistrik in Helmand sê die korrupsie word deur Karzai se familie en stambondgenote georganiseer. 'n Vorige goewerneur van Helmand is glo aktief betrokke by die koop van stemme.

Die stamhoof het getuig dat hy self die stemme in ruil vir vergoeding invorder. Hy wou nie sy naam bekend maak nie. Karzai se vertrouelinge is voorheen daarvan beskuldig dat hulle ook saamwerk met Westerse amptenare in dwelmhandel.

Diegene wat nie harde kontant ontvang vir hulle stemme nie, kry selfoonkaarte in ruil daarvoor.

Alhoewel die Britse weermag in Helmand benadruk het dat 90% van die provinsie se inwoners toegang tot stemlokale sal hê, is daar geen regeringsteenwoordigheid in vyf van die dertien distrikte van Helmand nie.

Inwoners sê hulle glo almal sal stemme in ruil vir kontante gee omdat die mense so arm is.

Alex Strick van Linschoten, 'n navorser in Afghanistan, sê in Zarai, Panjwai en Maiwand, neem selfs die plaaslike polisie ook deel aan die stemkopery.

Die Onafhanklike Verkiesingsowerheid in Afghanistan sê alhoewel daar 160 000 toesighouers sal wees, is dit om veiligheidsredes nie moontlik om alle stemlokale te dek nie. Westerse waarnemers het ook bevestig dat toesighouding nie voldoende sal wees nie.

светильники потолочные недороголобановский класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.