Kernwapenvrye Afrika-verdrag bekragtig

Deel op
Dertien jaar nadat dit ter tafel gelê is, is die Kernwapenvrye Afrikasoneverdrag Woensdag bekragtig, het die Instituut vir sekerheidstudies (ISS) verklaar.

Dit volg nadat Boeroendi verlede maand die verdrag ook aanvaar het.

"Die verdrag wat die hele Afrikakontinent sowel as die omringende eilande insluit, vereis dat geen kernwapens in enige Afrikaland ontwikkel, vervaardig, getoets, aangekoop of geberg word nie."

Vir die verdrag om in werking te tree, moes 28 of meer Afrikalande van die 53 wat dit onderteken het, dit bekragtig. Boeroendi was die agt-en-twintigste land.

Die verdrag ondersteun kernwetenskap en -tegnologie vir vreedsame doeleindes en vereis van alle partye om kernspervereistes streng na te kom.

Geen buitelandse vloot of vaartuig sal sonder toestemming by 'n hawe in Afrika kan aandoen sonder voorafbepaalde toestemming nie.

"Lande wat dit toelaat – vaartuie sonder toestemming – sal internasionale reg verontagsaam," het Amelia Broodryk, 'n amptenaar van die ISS aan Sapa gesê.

free bonus slots no deposit mobileданильченко юрій Харків

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.