ANC IS MEDEVERANTWOORDELIK VIR PRAAGSE BLOEDVERGIETING

Deel op

Die president van Rusland het so pas sy "morele verantwoordelikheid" erken teenoor Tsjeggië betreffende die onderdrukking van die Praagse Lente-opstand van 1968 waarin 100 mense gesterf het.

Die ANC het ten tye van die Sowjet-inval in 1968 sy uitdruklike steun daaraan verleen en dra daarom insgelyks ‘n morele verantwoordelikheid vir die bloedvergieting wat plaasgevind het.

Toe die Pro-Afrikaanse Aksiegroep ses jaar gelede gestig is, het ons spesifiek die afkorting PRAAG gekies omdat ons die ANC aan sy vergrype en aandadigheid aan die Oos-Europese verdrukking wou herinner.

Gegewe president Putin se verklaring, verwag ons van die ANC dat hy insgeslyks om verskoning sal vra vir sy totalitêre verlede toe hy kop in een mus met die Stalinistiese verdrukking in Oos-Europa was.

online cluedo gameлобановский класс харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.