Gedwonge integrasie vir New York-voorstad

Deel op

Westchester County in New York, 'n voorstad wat hoofsaaklik deur blankes bewoon word, het geswig onder druk om gedwonge rasse-integrasie te begin toepas. Die voorstad se munisipaliteit is deur 'n Anti-diskriminasiesentrum gedagvaar om gesubsidieerde behuising vir swartes en Spaanssprekende kleurlinge te verskaf.

Deel op

In terme van 'n skikkingsooreenkoms gaan die blanke gemeenskap van Westchester meer as $50 miljoen (ongeveer R400 miljoen) van sy eie geld, asook addisionele fondse, bestee om 750 huise of woonstelle te bou waarvan 630 aan swartes en Spaanssprekende kleurlinge beskikbaar gestel moet word. Die 120 ander wooneenhede sal aan ander kriteria moet voldoen sover dit koste en rassesamestelling betref.

Die woongebied, een van die rykste in die VSA, het sewe jaar om aan die eise vir laekostebehuising te voldoen.

Ron Sims, die Amerikaanse adjunksekretaris vir behuising en stedelike ontwikkeling, sê: "Dit hang saam met die president (Obama) se wens om 'n samelewing te sien wat ten volle geïntegreerd is. Tot nou toe het ons Gods water oor Gods akker laat loop. Hierdie is 'n geskiedkundige gebeurtenis, want ons gaan mense nou begin dwing om iets te doen."

Die hoof van die Anti-diskriminasiesentrum, wat in New York gebaseer is, het sy tevredenheid met die ooreenkoms uitgespreek. Volgens mnr. Craig Gurian, "is woningsapartheid die grondslag vir elke vorm van rasseverskil in Amerika, van opvoeding tot werk tot die lewering van gesondheidsorg".

'n "Federale toesighouer", mnr. James E. Johnson, is aangestel om te sorg dat Westchester County die integrasie-ooreenkoms nakom. Gegewe die feit dat 12 000 hektaar grond in die voorstad aan vereistes vir bouwerk voldoen, sal "die toesighouer geen probleme ondervind om te sorg dat Westchester se beleid om bekostigbare behuising uit die mees blanke buurte te hou, beëindig word nie," het Gurian voorts gesê.

полиграф защитаФильчаков Александр Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.