Swart misdaad in VSA skep blanke vrees

Deel op

Image

Prof. Paul Marx

N.a.v. die onlangse herrie oor die inhegtenisname van die swart akademikus Henry Louis Gates jr., skryf Paul Marx dat blankes rede het om geweldgeneigde swartes te vrees.

Swart intellektuele is eenvoudig nie in staat om die punt in te sien nie. Hulle verseg om te verstaan waarom daar wydverspreide rasprofilering bestaan en mense wat hulle ken is dikwels slagoffers daarvan. Swart intellektuele weier volstrek om te erken dat daar 'n baie ooglopende verband tussen hulself en die wettelose swart gepeupel bestaan.
Deel op

In 'n onlangse essay in die New York Times, skryf Brent Staples, 'n lid van die koerant se hoofredaksie: "Die ervaring om vir 'n misdadiger aangesien te word, is 'n soort inisiasieritueel vir Afro-Amerikaanse mans. Veiligheidswagte agtervolg ons in winkels. Staatspolisiemanne keer ons voor vir die misdaad 'om te bestuur as jy swart is'. Nagtelike voetgangers vermy ons op straat."

Net so het die Times-rubriekskrywer Bob Herbert sy weersin uitgespreek in die feit dat die konfrontasie tussen die swart Harvard-professor en die blanke polisieman nie as 'n flagrante voorbeeld van rasprofilering gesien is nie. Herbert doen 'n beroep op swartes "om te skree en te kla, om te betoog en te lobby, om te marsjeer en te konfronteer en te dagvaar en oor die algemeen te doen wat nodig is om 'n einde te maak aan die nimmereindigende en intense rassisme van die Amerikaanse strafregstelsel".

Die Harvard-professor Henry Louis Gates jnr., asook Staples en Herbert, dink dat die onregverdige behandeling van swartes deur die polisie 100 persent 'n fout van blankes is. Na Staples se mening, moet blankes van hul "giftige vooroordele" ontslae raak.

Maar, vir rasprofilering om te verdwyn, behoort swartes, veral swart intellektuele, hul oogklappe af te haal. Hulle moet begin sien wat blankes sien. Hulle moet die misdadige lewensgewoontes wat so algemeen onder die swart gepeupel vorokom, begin raaksien en erken.

Jong swartmans in die ghetto's is trots daarop om wapens te dra en het min ontsag vir die wet. As hulle buite hul eie gemeenskappe optree, word hul wapens en houdings nie agtergelaat nie. In heelwat swart musiek spog hulle openlik oor hul wetteloosheid.

Blankes se bewustheid oor daardie misdadige lewensgewoontes skep vrees en daardie vrees slaan, ongelukkig, in versigtigheid teenoor selfs wetsgehoorsame swartes oor.

Swart misdaad is vandag die mees algemene bepaler van blanke houdings teenoor swartes. Terwyl die meerderheid Amerikaanse swartes nie by misdaadaktiwiteite betrokke is nie, skep die misdaadgewoontes van jong swartmans by die meeste blankes vrees en agterdog. Dis 'n groot onreg, want onder middeklasswartes kom betreklik min misdaad voor.

In vele stede – New Haven, Hartford, Brooklyn, Baltimore, byvoorbeeld – is die groot hospitale geleë op die rand van buurte wat deur die swart gepeupel bewoon word. As blankes wat by die hospitale werk deur daardie buurte bestuur, maak hulle seker dat hul ventsters toe en hul deure gesluit is. Om van die parkeerruimte werk toe te loop, is riskant. In e-posse word mediese studente en hospitaalpersoneel oor rooftogte en aanrandings deur jong swartmans ingelig. Hulle word gewaarsku om nie alleen te loop nie.

Indien dit gevaarlik is "om te bestuur as jy swart is", is dit in sekere woonbuurte selfs gevaarliker om te loop as jy wit is. Om te bestuur as jy swart is, kan aan jou die ongemak van 'n spoedkaartjie besorg; om te loop as jy blank is, kan 'n gebreekte skedel tot gevolg hê.

Staples skryf oor sy wandelinge naby die Universiteit van Chicago. Dit het hom ontstel dat as blanke vroue wat alleen loop hom sien, hulle hom probeer vermy, vinniger stap of die straat oorsteek. Hy was uit die veld geslaan oor waarom 'n geheel en al onskuldige swartman soos hy vermy behoort te word. Waarom kon die vroue nie begryp dat hy Brent Staples is, en nie een of ander skurk nie?

Nou die dag het ek in die straat afgeloop en skielik drie jong swartmans gesien wat op my afstuur. My eerste reaksie was: "hier kom dit". Ek het gedink dat ek dalk aangeval sou word. Toe ek nie aangeval is nie, het ek gedink hoe onregverdig dit was om so te moes dink.

Maar dis 'n tipiese reaksie as 'n blanke in 'n twyfelagtige woonbuurt loop. Wettelose jong swartmans veroorsaak vrees onder blankes, en dit is nie onnatuurlik vir blankes om agterdogtig teenoor alle swartes te raak wat by die profiel van aanvallers inpas nie. Sou dit ongewoon vir die burgers van Afrikastede – soos Lagos, Nairobi of Harare – wees om agterdogtig teenoor blanke mans te wees indien daar 'n epidemie van rooftogte en aanrandings onder blankes geheers het?

Die Amerikaanse media het agteroor gebuig om nie kriminele oortreders en verdagtes na gelang van hul ras te identifiseer nie. Maar deur hul name, adresse, opvoedings- en misdaadrekords, maak mense baie maklik afleidings en sulke afleidings is gewoonlik korrek. Hierna veralgemeen hulle.

Moontlik is dit nie logies om dit te doen nie, maar vir die meeste mense geskied veralgemening omtrent so geredelik soos om te eet. Dis nie regverdig teenoor wetsgehoorsame swartes nie, maar die meeste blankes sou eerder 'n onregverdige gedagte koester as om die risiko te loop om seer te kry.

Paul Marx is emeritus-professor van Engels aan die Universiteit van New Haven, 300 Boston Post Road, West Haven 06516. E-pos pppmarx@comcast.net.

машинка мультикиалександр лобановский супермаркет класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.