Tifoon eis 600 in Taiwan

Deel op
Tot 600 mense is die naweek hier in die dorpie Sjiao Lin in ’n modderstorting begrawe wat deur die tifoon Morakot veroorsaak is.

Morakot het daartoe gelei dat ongeveer 2 m reën oor die naweek geval het voordat dit na China toe aanbeweeg het. 

Die hewige reënval het ook gepaardgegaan met winde van tot 119 km/h.

Byna 1 miljoen mense aan die China se ooskus moes hul huise verlaat en ten minste ses mense is dood. Tifoon Morakot het vroeër die Filippyne getref waartydens 22 mense dood is.

Volgens ’n Taiwanse polisiewoordvoerder is 100 mense reeds met militêre helikopters uit die modder gered, maar ongeveer 400 mense is nog vermis.

Een van die mense wat gered is, Lin Tsjien-Sjoeng, het aan die media gesê dat hy glo byna 600 mense is nog vasgekeer. 

“Die modderstorting het ’n groot deel van die dorpie, waaronder laerskole en huise, getref. ’n Groot deel van die berg het net bo-op ons geval,” het Tsjien-Sjoeng gesê.

Die dorpie was teen gisteraand nog afgesny van die buitewêreld nadat die modderstorting ook ’n brug wat toegang na die dorpie verleen het, verwoes het. Helikopters is gebruik om die dorpie te bereik.

Die dodetal vir Morakot staan tans op 14. Nog 51 mense, buiten dié in Sjiao Lin, is nog vermis.

Vier mense is ook dood in Zhejiang en een in onderskeidelik Foejian en Jiangxi. Inwoners van Zhejiang het per fiets gery om water en noedels vir inwoners te neem wat deur die ramp gestrand is.

Tifoon Etau het ook gister die westelike kus van Japan getref. Tot dusver is 12 mense dood en 12 ander nog vermis

free mobile onlineФільчаков Олександр Васильович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.