Metropolisie in Pretoria se wapens in kroeg gekonfiskeer

Deel op

Image

Drie metropolisiebeamptes van die sogenaamde "Tshwane"-metroraad se wapens is vroeg vanmore in 'n kroeg in Pretoria gekonfiskeer, het 'n munisipale amptenaar gesê.

Deel op

"Lede van die publiek het die SA Polisiediens gewaarsku dat drie metropolisiebeamptes so pas die kroeg in volle uniform tydens die vroeë oggendure Dinsdagoggend binnegekom het," het Console Tleane, woordvoerder van die Pretoriase gemeenskapsveiligheidsdepartement gesê.

Die polisie wat na die kroeg ontbied is, het die metropolisiemanne se wapens gekonfiskeer alvorens hulle "vrygelaat" is.

"Die metropolisie se regsafdeling sal die saak ondersoek en mag skorsing aanbeveel met die oog op 'n klag dat die departement se reputasie geskend is," het Tleane gesê.

Volgens hom word daar van polisielede verwag om te alle tye, veral as hulle aan diens is, die naam van die departement en die polisiediens in die algemeen hoog te hou.

"'n Polisie-uniform moet geag word en die waardigheid van die persoon wat dit dra, moet bo alle verdenking wees."

play onlineФильчаков Александр Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.