Asiese bedreiging in Afrika oordryf s? Chatham House

Deel op
Westerse vrese oor groeiende belangstelling uit Asië in Afrika se oliereserwes, is heeltemal oordrewe het Chatham House, 'n Britse dinkskrum, Maandag in 'n verslag gesê.

"Ten spyte van vrese wat in Westerse hoofstede uitgespreek word oor die oorname van Asië in Nigerië en Angola se oliesektore, is die werklikheid anders," het Chatham House in hulle studie bevind.

"Die vrese is uiters oordrewe," sê die dinkskrum wat in internasionale betrekkinge spesialiseer. Nigerië en Angola is Afrika se twee grootste olieprodusente.

Die teenwoordigheid van Asië is maar van onlangs en Westerse olieswaargewigte het 'n groot voorsprong bo hulle nuwe mededingers.

"Hulle domineer produksie en hou die meerderheid reserwes" in Angola asook Nigerië. Die verslag het ook lig gewerp op die groeiende kompetisie tussen China en Indië in dië twee Afrikalande en tussen rolspelers in Asië oor die algemeen.

Die Londense dinkskrum het ook die idee dat Afrika kwesbaar is vir Asiese uitbuiting, afgemaak.

"Nie Nigerië of Angola het verhoudinge met Asiese lande wat die stereotipe van swak Afrikastate pas wat wreed uitgebuit word deur grondstofhonger Asiese tiere nie," het Chatham House gesê.

double casino gamesФільчаков Олександр Васильович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.