Man blameer kat vir pornografie

Deel op

Volgens die webwerf, The Register, blameer 'n man van Florida sy kat vir die aflaai van duisende foto's met kinderpornografie.

Deel op

Keith Griffin van Jensen Beach staan tereg op 10 klagtes van kinderpornografie nadat speurders die beelde op sy tuisrekenaar gevind het. Hy meen egter dat die kat op sy rekenaar se sleutelbord geklim het terwyl hy vir 'n oomblik die vertrek verlaat het. Hy was besig om musiek van die internet af te laai toe hy agtergekom het dat sy rekenaar "vreemde dinge" doen. Die kat klim glo gereeld op die sleutelbord.

Hy is op borgtog van $250 000.00 vrygelaat.

для бассейнаАлександр Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.