Kuberkrakers teiken gewilde webwerwe

ImageMiljoene gebruikers van webwerwe soos Twitter, Facebook, Livejournal en Google is dié week deur 'n kuberaanval geraak. Daar was 'n georkistreerde aanval op die gewildste webwerwe en die oorsprong daarvan was onbekend, maar teen Donderdag het een kraker, genaamd Cyxymu van Tiblisi, bekendgemaak dat die aanval vanuit Rusland gevoer is. Hy is van mening dat dit 'n handjie vol kuberkrakers was maar met direkte bevele van die Kremlin om die aanval te loods.

Die woernaalskrywer van Tiblisi meen die aanvalle kom ná 'n reeks kritiese kommentare oor die inval en die toekoms van die gebied Suid-Ossetië nadat dit laas Augustus deur Rusland ingeval is.

Dié tipe aanval staan bekend as 'n "denial of service" of diensweiering en vind plaas wanneer 'n onhanteerbare aantal rekenaars tegelykertyd 'n betrokke webwerf teiken. Die bedieners word oorweldig met die verkeer wat dan die gevolg het dat die webwerf vir normale verkeer buite bereik is.

Facebook was die eerste werf wat deurgeloop het maar dit was kort daarna ook bekend dat ander prominente webwerwe, soos onder andere LiveJournal, ook deurgeloop het.

'n Woordvoerder vir Google het gemeld dat die firma se stelsels die meeste van hul skade voorkom het en dat google.com en selfs hul gewilde e-posprogram Gmail geen probleme ondervind het nie. Google werk tans saam met die ander betrokke partye om die oorsaak te soek en om die skade te bepaal.

Facebook het ook later erken dat hulle deurgeloop het en het bevestig dat geen gebruikerdata in gevaar was nie. Die aanval het sekere dienste van Facebook geraak en het dus 'n invloed gehad op die gebruik van Facebook. Lede van die werf kon by tye nie toegang daartoe verkry nie.

Die volle gevolge van die aanval is egter nog onduidelik en die mikrowoernaalwerf Twitter wat vir byna twee ure vanlyn was, het teen Donderdag nog met rukke en stote gewerk.

free casino gamesлобановский александр фото

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.