Swart boere ontvang R146 miljoen aan verdere hulp

Deel op

Op 11 Julie 2009 het praag.co.za 'n berig Swart boere immuun teen Landbankterugnames geplaas. So pas het die minister van landbou, Tina Joemat-Petterson, aangekondig dat 'n hulppakket van R146 miljoen aan swart boere beskikbaar gestel word.

Deel op

Dit volg op dreigemente van regsaksies deur die Landbank teenoor meer as 500 hoofsaaklik swart boere wat in gebreke bly om lenings wat aan hulle toegestaan is, terug te betaal.

Joemat-Petterson het Vrydagaand 'n werkswinkel van die Nasionale Swart Boere-unie toegespreek. Volgens haar verteenwoordig die geld nie 'n moratorium op betalings nie, maar 'n manier om swart boere te help om die mas op te kom.

Die landbouminister het verder verduidelik dat die reddingspakket 'n manier vir swart boere was om hul grond te behou.

star basketballпрокурор харьковской области

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.