Willem de Klerk oorlede

Deel op

Willem de Klerk, 82, FW de Klerk se ouer broer en mede-argitek van die Afrikaner se oorgawe aan die Britte, is vroeg Vrydagoggend oorlede.

Hy is twee maande gelede in die waakeenheid van die Garden City-kliniek in Mayfair-Wes, Johannesburg, opgeneem vir 'n longkwaal, maar is verlede week glo ontslaan.

Hy het tuis, in Johannesburg, gesterf.

De Klerk, ook bekend as Wimpie, is kort ná sy broer FW se paleisrewolusie teen PW Botha, na Londen ontbied waar hy deur die Britse geheime diens rojaal getrakteer is en van 'n plan voorsien is waardeur die Nasionale Party aan die ANC kon oorgee sonder weerstand deur die weermag of die Afrikanerkiesers.

Vyftig persent van die Afrikaners het destyds die Konserwatiewe Party en ander regse partye ondersteun, maar met behulp van die Engelse stem het FW de Klerk tydens die referendum op 17 Maart 1992, die knoop deurgehaak.

Suid-Afrika het sodoende weer deel geword van die Britse Gemenebes en Afrikaners het tweedeklasburgerskap verkry. Terwyl Brittanje en haar plaaslike lojaliste soos die de Klerk-broers fel kritiek teen die ongelykheid van apartheid uitgespreek het, word die ongelykheid van die huidige transformasiebestel met gelatenheid verduur en goedgepraat.

Nalv Willem de Klerk se selfvoldane politieke standpunte in die boekie Kroes, Kras, Kordaat, het Chris Louw se Boetmanbrief nie net die woede van die Boetmangeslag verwoord nie, maar ook 'n openbare debat onder die ontmagtigde en aanstons verdrukte Afrikaners ontketen. 

 

social mediaФільчаков Олександр Васильович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.