Scholtz is onkrities teenoor VSA

Deel op
Leopoldt Scholtz se klakkelose en onkritiese aanbidding van die VSA is soms net een te veel. In Beeld van 20 Mei 2009 maak hy weer so..

In sy rubriek oor die aanstelling van lt.genl. Stanley McChrystal as opperbevelhebber van die Amerikaanse magte in Afganistan, laat Scholtz na om die werklike agtergrond van die man te skets en verkies hy om 'n romantiese beeld van Patrys-hulle se held op te tower.

McChrystal was naamlik in bevel van Task Force 6-26, 'n elite-eenheid van 1 000 spesiaal opgeleide soldate by Camp Nama. Nama is glo die afkorting vir Nasty Ass Military Area.

Onder sy bevel is die Geneefse Konvensie se bepalinge klaarblyklik herhaaldelik oortree. McChrystal se slagspreuk was "If you don't make them bleed, they can't prosecute for it." 'n Onlangse artikel in Esquire vertel meer van sy beskouinge.

Yswater was blykbaar McChrystal se spesialiteit en sy manne het die dood van 'n aangehoudene veroorsaak wat verkluim het op die manier.

Die hoop wat Scholtz uitspreek dat McChrystal die VSA se oorlogspoging in Afghanistan gaan red, gaan aan die hand van 'n klaarblyklik trotse en uitgesproke folteraar moet geskied. McChrystal het glo vermakerig vertel dat hy nooit nie Rooi Kruis naby sy bedrywighede sal toelaat nie.

Terwyl 'n Gallupmeningsopname bevind het dat 'n meerderheid Amerikaners wil sien dat die besluitnemers in die vorige Amerikaanse administrasie verhoor word vir hulle foltermisdade, loop Scholtz op dun ys. Sy base by Media24 sal ook nie veel van sy bewondering vir McCrystal dink nie.

Dan het Scholtz nog nie eens oorweeg dat die VSA se koloniale benadering tot sy bedrywighede in Afghanistan, nie strook met wat gangbaar is in die 21ste eeu nie.

mosoblburenieОлександр Васильович Фільчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.