Calvyn steeds vol betekenis vir die Afrikaner

Deel op
Naspers skenk baie aandag aan die negatiewe beeld van Calvyn tov van sy vyand Servetus omdat dit waarskynlik vol betekenis vir die Afrikaner is.

Op Google kan binne sekondes in Engels die disinformasie van die Afrikaanse dagblaaie raakgesien word. En daaroor net enkele regstellings wat geplaas behoort te word ter wille van die waarheid.

Die grootste misdaad teen die mensdom van alle tye is gepleeg deur die Roomse Kerk met die vervolging van Jode en Protestante – ‘n onmeetbare tragedie wat die donker Middeleeue en Franse Revolusie tot gevolg gehad het vanweë ‘n allesverterende teokrasie. Dit was Lüther en Calvyn wat by uitstek die mensdom bevry het en wetenskap tot eer van die Skepper moontlik gemaak het. Calvyn was die eerste Bybelkritikus met sy wetenskaplike benadering tot die Skrif.

Die bevryding van die tiranie van ‘n staatskerk oftewel ‘n kerkstaat met die Reformasie/ Hervorming het egter gou sekere grense geïmpliseer met die vervolging van Servetus – die Spaanse kastraat [Hy is as seuntjie in die klooster gekastreer ter wille van sy sopraanstem.] Briljante, maar getroumatiseerde man aan die hand van Roomse mishandeling, wat probleme gehad het met die konsep van ‘die soewereiniteit in eie kring’ naamlik die Drie-eenheid van God – wat hy beskou het as verkeerd.

Ten tweede het hy beweer dat die Kerk en Staat een moet wees en derdens het hy verkondig dat die skepsel aanbid moet word ipv die Skepper. Dit was sy klagstaat en onder kruisverhoor deur Calvyn, die regsgeleerde en aanklaer, moes hy erken dat Satan as skepsel dan ook aanbid moet word. Dus suiwer Satanisme. Die regsbank het hom as ketter veroordeel om op die brandstapel te boet vir sy ernstige ketterse dwaling.

Hierdie saak het die moderne ‘New Age’ van selfaanbiddinge en sinkretisme met die heidendom [waarvan die bekende Israelvisieteologie ‘n goeie voorbeeld is] suksesvol gestuit vir 500 jaar. Daarom steeds aktueel die afsnypunt van godsdiensvryheid vir Christenskap.

Hierdie kettery is dus nog net so vars soos altyd, veral in Suid-Afrika met verskynsels soos die polities korrekte Belharsinkretisme in die ‘verleidenis’ van dr Nico Smit et al. ‘n Politieke hoëpriester van ’n Madiba wat glo dat ‘Man is the master of his own destiny’ is en derdens ‘n Afrikaanse pers wat voltyds en uitsluitlik negatiewe en afbrekende aandag gee aan die fundamentele Drie-enige God van Protestantisme en nooit ooit ander godsdienste soos Islam kritiseer nie.

En dit dmv Afrikaanse teoloë wat terwille van hul eie selfbeeld en grootheidswaan altyd aan die groot klok gehang word deur die einste pers.

Die goeie en vroom dr Verwoerd was ongelukkig ook nie ‘n Calvinis nie. Hy het juis sy teologiese studies op Stellenbosch gestaak omdat hy probleme met die uitverkiesingsleer van Calvyn gehad het.

Om dus te probeer suggereer dat apartheid in sy oorspronklike betekenis uit Calvinisme ontstaan het, is absoluut vals.

играшкиЛобановский Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.