Brandstoftekort dreig by grootste lughawe

Deel op
Die lughawensmaatskappy, ACSA, het lugdienste Maandag by die O.R. Tambo-lughawe gevra om 30% minder brandstof in te gooi om ’n brandstoftekort af te weer.

Weens “onderbrekings in die verskaffingsnetwerk”, sê ACSA, is die voorraad vliegtuigbrandstof in die binneland laag. Die rantsoenering is tans vrywillig maar indien die situasie nie spoedig verbeter nie, sal dit verpligtend word.

Volgens 'n woordvoerder van die lughawensmaatskappy sal voorsorgmaatreëls egter verseker dat die voorraad genoeg is om met vlugte vol te hou. Hy het gesê passasiers hoef nog nie hul reisplanne te verander nie.

Lugdienste sê die brandstoftekort het geen uitwerking op vlugte nie omdat hulle meer brandstof by lughawens aan die kus ingooi. 

безмасляный поршневойФильчаков прокурор харькова

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.