Rugby ontaard in rassegeveg

Deel op
’n Klubrugby-wedstryd in Johannesburg het glo die naweek lelik geraak nadat rassistiese aanmerkings gemaak is en die kaptein van een span bewusteloos geslaan is.

Reynald Isaacs, klubbestuurder van die Eldoranians, wat teen die Wanderers gespeel het, het ontken sy spelers het messe gehad.

Isaacs het die Wanderers-spelers van rassisme beskuldig. Die Eldoranians-kaptein, JP Luyt, is met gesigbeserings en harsingskudding in die Mulbarton-hospitaal opgeneem nadat hy glo deur 'n teenstander aangerand is.

“Hulle een stut het JP onder meer ’n ‘hotnot’ genoem en só hard geslaan dat hy drie minute lank bewusteloos was,” het Isaacs aan Beeld gesê.

Die twee spanne het om 16:00 op Wanderers se veld uitgedraf. Die skeidsregter het die wedstryd egter stopgesit omdat dit kort-kort handuit geruk het.

Isaacs het gesê die wedstryd is stopgesit nadat Luyt bewusteloos geslaan is.

Die Wanderers-spelers het na hul kleedkamer gegaan toe die wedstryd stopgesit is, maar die ander span het buite die deure gestaan met messe en gedreig om spelers dood te maak.

Wanderers het die polisie ontbied en hulle kaptein onder veiligheidsbewaking van die veld begelei.

Isaacs het gesê ’n saak van aanranding is teen die betrokke Wanderers-stut aanhangig gemaak. Wanderers oorweeg ook soortgelyke klagtes teen die Eldoranians.

магазин игрушекФільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.