Polisie in Vishoek onder klippe gesteek

Deel op
Die polisie moes Donderdag weer rubberkoeëls gebruik om honderde inwoners van Masiphumelele, buite Vishoek in die Wes-Kaap, uitmekaar te jaag. Binnebande is aan die brand gesteek en die polisie is met klippe bestook.

Die inwoners is ontstoke oor 'n gebrek aan behuising. Die skare het glo buite beheer raak toe 'n wyksraadslid van Masiphumelele, Felicity Purchase,die gemeenskap omstreeks 12:30 wou toespreek wat die polisie genoodsaak het om op hulle los te brand.

Honderde inwoners van die lokasie het gister alreeds omstreeks 05:00 die strate ingevaar om te betoog.

Twaalf amokmakers is nog voor Purchase se aankoms weens openbare geweld in hegtenis geneem. Hulle sal Maandag in die Simonstadse landdroshof verskyn.

Purchase het aan Die Burger gesê sy gaan met Dan Plato, burgemeester, vergader om alternatiewe behuising vir die mense te soek.

’n Twaalfjarige kind is in die geweld beseer. Die seun is na die Valsbaaise provinsiale hospitaal gebring.

play casino slotsДанильченко Юрий отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.