Tweede grootste Chinese bank sluit ooreenkoms met FirstRand

Deel op
China Construction Bank (CCB) het Donderdag ’n strategiese samewerkingsooreenkoms met FirstRand gesluit. CCB werk reeds nou saam met Rand Aksepbank, ’n filiaal van die FirstRandgroep, om transaksies te struktureer.

CCB is China se tweede grootste bank in terme van markwaarde. CCB sê samewerking met FirstRand sal waarde toevoeg tot sy huidige Afrikasake.

Die ooreenkoms bied volgens die bestuur talle voordele aan FirstRand om sake meer doelgerig in Afrika uit te brei, omdat CCB se balansstaat se bates van meer as $1 100 miljard FirstRand se $84 miljard verdwerg.

Die klem sal val op oornames en samesmeltingtransaksies in 39 Afrika-lande waar FirstRand tans sake doen.

Die CCB het geen belang in FirstRand opgeneem nie, anders as Standard Bank en die Chinese ICBC-bank. Die ICBC, China se grootste bank, het ’n 20%-aandeelhouer in die Standard Bank-groep.

FirstRand se stap plaas druk op Nedbank en Absa om hulle Afrikastrategie te heroorweeg. Absa se planne om Barclays se Afrikabelange te koop, het gesneuwel, terwyl Nedbank hoofsaaklik op die plaaslkke mark fokus.

люстры потолочные хрустальныелобановский харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.