‘Tukkies nie meer Afrikaanse universiteit’- rektor

Deel op

Image

Cheryl de la Rey, nuwe rektor van die UP

Die nuwe rektor van die Universiteit van Pretoria, prof. Cheryl de la Rey, het in 'n onderhoud met Radio Sonder Grense verklaar dat Tukkies "nie meer 'n Afrikaanse universiteit nie, maar 'n Suid-Afrikaanse universiteit is".

Deel op

Dié antwoord het geskied op 'n vraag van die radiojoernalis oor "hoe De la Rey voel om as swart vrou aan die hoof van 'n voormalige wit, Afrikaanse universiteit aangestel te word". Volgens Cheryl de la Rey was haar oupagrootjie 'n "witman" en is sy trots op haar van en op haar "erfenis". Dis ook waarom sy haar nooiensvan behou het en nie haar man se van aangeneem het nie.

Hoewel die nuwe rektor Afrikaans magtig is, het sy op enkele sinsnedes na, verkies om die onderhoud met die nasionale Afrikaanse radiostasie op Engels te voer.

Vrae oor die taalkwessie aan Tukkies het sy met die standaardowerheidsretoriek oor "meertaligheid" beantwoord. "Meertaligheid" sal onder haar bestuur aan Tukkies bevorder word, met die klem nie op Afrikaans nie, maar op Sepedi.

De la Rey het aan die Universiteit van Natal studeer waar sy destyds as kleurling 'n permit vir dié doel moes hê.

Met haar aanstelling, beskik vier uit die vyf voorheen Afrikaanse universiteite oor kleurlingrektore. Slegs die Potchefstroomkampus van die Noordwesuniversiteit het tot dusver aan dié tendens ontkom.

online casino freeтопкарго кидалы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.