Zuma verwelkom lasterskikking

Deel op
President Jacob Zuma het die skikking tussen hom en die Britse koerant The Guardian in ’n Britse hof Dinsdag verwelkom.

Hy het die koerant in April weens laster gedagvaar ná die publikasie van ’n artikel van Simon Jenkins met die opskrif: “Get Used to a Corrupt and Chaotic South Africa. But Don’t Write it Off.”

In die artikel is Zuma se regeringstyl as “geestelik besoedel, administratief chaoties en korrup” beskryf. ’n Anonieme stem is aangehaal wat Zuma as “ ’n misdadiger en verkragter” beskryf het.

Die koerant het Zuma in April om verskoning gevra en gesê hulle is spyt hulle gesuggereer het hy is skuldig aan verkragting. Dit was glo weens ’n redigeerfout.

“Daar was ’n skikking,” het Hayley Dunlop van The Guardian gesê. Sy wou nie die bedrag bekendmaak wat aan Zuma betaal is nie. Zuma het vroeër ’n aanbod van R128 500 (£10 000) verwerp.

“In die saak het The Guardian die basiese beginsels van joernalistiek en media-etiek misken,” het die presidensie gister in ’n verklaring gesê.

“Die president glo vas in mediavryheid omdat hy in die apartheidstryd hard vir vryheid van spraak baklei het.

“Albei partye beskou die saak nou as afgehandel.”. 

machine gamesФильчаков прокурор харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.