Indi? se vlootopbou vorder

Deel op
Indië gaan oor die volgende dekade 100 oorlogskepe bou in 'n poging om hulle vloot te moderniseer.

Kaptein Alok Bhatnagar, direkteur van vlootbeplanning by Indië se ministerie van verdediging, het Donderdag gesê 32 oorlogskepe en duikbote word tans in die land se skeepswerwe gebou. Werk aan nog 75 vaartuie wat fregatte, amfibiese vaartuie, vliegdekskepe en aanvalsvaartuie insluit, sal oor die volgende 10 jaar onderneem word.

Nieu-Delhi is sensitief daaroor dat hulle agter Beijung is wat hulle vloot betref. China het drie soveel oorlogsvaartuie as Indië en vyf keer soveel personeel. Amptenare is bekommerd oor die feit dat Pakistan en Sri Lanka aan die Chinese hawegebruik toestaan, omdat China daardeur groter beheer oor die Indiese Oseaan en die Arabiese See uitoefen.

Indië het egter een van die mees snelgroeiende vlote in die wêreld en sy vloot met 120 skepe is die vyfde grootste. 'n Kernduikboot wat op 'n Russiese ontwerp gebaseer is, is die naweek te water gelaat. Net 'n paar lande beskik oor die tegniese vaardigheid om só 'n vaartuig te produseer.

Bhatnagar Sê dit is 'n "strategiese noodsaaklikheid" vir Indië om hule eie skeepswerwe te bedryf sodat die buiteland sy land nie "gyselaar hou in tye van krisis" nie.

Sedert die einde van Britse oorheersing 62 jaar gelede, is Indië dank aan Rusland verskuldig vir die opbou van hulle vloot. Volgens Bhatnagar is die prioriteite om energieveiligheid en seeroetes te verseker, en die bedreiging van Moslemfundamentalisme en China se aggressiewe moderniseringsplanne te bekamp.

"China se ambisies in die Indiese Oseaan is baie duidelik," sê hy.

Admiraal Sureesh Mehta, vlootstafhoof, wil graag sien dat 'n eie militêre nywerheid op die been gebring word om tegnologie na die Midde-Ooste en Asië uit te voer.

Maatskappye wat reeds teenwoordig is is Italië se Fincantieri in die ontwerp van 'n vliegdekskip, en Thales, die Franse ingenieursmaatskappy wat 'n skeepswerf naby Chennai gaan oprig. Hulle gaan ook wapenstelsels en stuurstelsels lewer.

'n Wapenkontrakteur in Moembaai het aangedui dat die regering dit oorweeg om direkte buitelandse beleggings in die wapenbedryf te verhoog van 26% na 49%.

China het Donderdag die eerste van vier nuwe fregatte aan Pakistan gelewer wat ook Chinese helikopters insluit.

play crownФильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.