Limpopo-polisieman vir veediefstal gevang

Deel op

'n Polisiesersant is Donderdag in verband met veediefstal in hegtenis geneem, het die Limpopose polisie gesê.

Deel op

Die polisieman is na bewering lid van 'n sindikaat wat beeste in die Nylstroomgebied steel, het die provinsiale veediefstalsuperintendent Alpheus Mokale gesê.

"Hy is die meesterbrein… 16 beeste is gesteel."

Die polisieman gaan vandag in die Magatle-landdroshof naby Zebediela verskyn waar hy met sy twee medepligtiges aangekla gaan word.

In 'n afsonderlike voorval, het Mokale gesê die polisie het 21 beeste in Maja teruggekry en het 'n beroep op boere wat vee vermis gedoen om hulle te kom uitken.

пусковое устройство для автомобиляданильченко юрій броніславович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.