Nuwe polisiehoof is partydig s? opposisie

Deel op
Sommige opposisiepartye het die aanstelling deur president Zuma van Bheki Cele as nasionale polisiekommissaris gekritiseer en gesê hy het geen misdaadbekampingsrekord om oor te spog nie. Daarbenewens voel hulle dat Cele net nog 'n politieke aanstelling is.

Cele is tans die KwaZulu-Natalse LUR vir gemeenskapsveiligheid en -skakeling. Hy sal op 2 Augustus sy nuwe pos aanvaar.

Die Kongres van die Mense, Cope, het Cele van partydigheid beskuldig in die onlangse geweld in KwaZoeloe-Natal en dat hy nooit gepoog het om die neutraliteit van die SAPD te handhaaf nie.

Die IVP het gesê die toekoms van die Valke is onder verdenking aangesien hulle nooit polities onafhanklik sal wees nie en nooit die sukses van die Skerpioene sal kan ewenaar nie.

Die DA het Cele aan 'n paar van sy ongelukkige opmerkings herinner. Cele het 'n man 'n rassis genoem nadat hy gekla het oor Cele se blouligkonvooi teen 160km per uur op 'n openbare pad voortsnel, asook die "skiet om dood te skiet" sinsnede.

Die nuwe polisiehoof het die opmerking Woensdag verdedig deur te sê die Strafwet van 1977 stipuleer dat polisielede geregtig is om dodelike mag aan te wend indien hulle bedreig word.

Bantu Holomisa van die UDM het gesê Selebi se aanstelling het bewys dat 'n burgerlike nie die polisie moet lei nie want dit is sleg vir die moraal.

Die Vryheidsfront Plus het gesê die aanstelling wys dat Zuma totale politieke beheer oor die polisie wil behou en dit laat rooi gevaarligte flikker.

Hulle het voorgestel dat Cele uit al sy ANC-poste bedank sodat die polisie nie verder gepolitiseer word nie.

Die SAKP het die aanstelling verwelkom en gesê Cele sal op die voorpunt van misdaadbekamping in sy provinsie wees. Die ID het ook sy aanstelling geprys en gesê dit sal die belastingbetaler heelwat geld spaar om 'n polisiehoof te hê wat werk en nie soos die vorige een op langverlof sit en niks doen nie.

1 euro depositФильчаков прокурор харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.