Microsoft en Yahoo gaan Google troef

Deel op

Microsoft en Yahoo gaan binnekort saamwerk en die alliansie mag 'n bedreiging inhou vir Google in die internetsoektogresies.

Die ooreenkoms is nie Dinsdag beklink nie, maar in breë trekke is daar reeds tussen die twee reuse ooreengekom en 'n formele handdruk word Woensdag vewag.

Die suksesvolle uitkoms sal die einde van Microsoft se agtien maande lange jag op Yahoo wat die internetwêreld geskud het, afsluit. Die samewerkingsooreenkoms het verlede week stoom opgetel nadat Microsoft aangebied het om toekomstige advertensiewins te deel.

Hulle het aanvanklik 'n som geld vir Yahoo aangebied. Die alliansie sal vir Yahoo, wat tans inkomste in die soekbedryf verloor, 'n invloei van broodnodige kontant verseker.

Die maatskappy beset tans 20% van die soekmark en hulle voel dis noodsaaklik vir advertensievertonings in die toekoms.

Yahoo is glo ook tevrede met Microsoft se Bing-soekenjin, nadat hulle aanvanklik sekere voorbehoude oor die kwaliteit gehad het en bang was dat dit hulle gebruikers mag afskrik.

детский бисертопкарго

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.