Michael Schumacher terug in Formule 1?

Deel op

Image

Die beseerde Felipe Massa in gelukkiger dae

Terwyl Felipe Massa goeie vordering in sy herstel toon, is daar toenemende spekulasie dat Michael Schumacher tydelik sal instaan as een van Ferrari se bestuurders in die oorblywende renne van die seisoen.

Deel op

Massa is gelukkig om te leef, nadat hy deur 'n stuk metaal, wat afgebreek het van Rubens Barrichello se motor, tydens die kwalifiserende rondtes van die Hongaarse Grand Prix getref is. Die stuk metaal was deel van die onderstel se vering en het hom teen 'n spoed van 260km/h getref.

Daar is nog  onsekerheid oor die omvang van die skade aan Massa se linkeroog, wat sy loopbaan as Formule 1-bestuurder ernstig kan benadeel, en hom vir ten minste die res van die seisoen buite rekening kan laat.

Ferrari het drie reserwebestuurders beskikbaar, by name Luca Badoer, Marc Gené en Michael Schumacher. Schumacher lei nog aan lae rugpyn en 'n skouerbesering wat hy oorgehou het van 'n val vanaf 'n motorfiets in Spanje in Februarie. Dit is ook moeilik om te bepaal of hy enigsins bereidwillig sou wees om weer agter die stuur in te skuif in 'n kompeterende wedren.

'n Ander moontlikheid is die 19-jarige Mirko Bortolotti, 'n Italiaanse Formule Twee-bestuurder, wat laasjaar tydens 'n toetsrit met die Ferrari  beïndruk het.

Ferrari het egter nie baie tyd nie, en sal redelik vinnig 'n besluit moet neem, met die volgende wedren in Valencia, Spanje oor drie weke.

укладка мозаики вФільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.