PRAAG VERHEUG OOR BRINK SE BEDANKING

Deel op

PRAAG is verheug oor die bedanking en vertrek van prof. Chris Brink na Engeland. Hoewel Brink se bedankingsbrief geen melding maak van sy beweegredes nie, moes die storm wat hy met sy T-opsieplan vir die US ontketen het, ‘n rol daarin gespeel het.

Deel op

Prof. Chris Brink het deur sy kille politieke korrektheid en traak-my-nie-agtige houding jeens Afrikaans die meerderheid Afrikaners en oud-Maties van hom vervreem. Vele alumni het hul skenkings aan Stellenbosch gestaak.

Maar dit was die polemiek rondom die T-opsie wat Brink waarskynlik oorreed het om die aftog te blaas. Afgesien van honderde lesersbriewe in Die Burger waarin hy fel gekritiseer is, het een van die belangrikste lewende digters in ons taal, Breyten Breytenbach, sowel in private korrespondensie as in ‘n gewraakte brief aan die Matie, sy minagting teenoor Brink en sy ruggraatlose taalverraad uitgespreek.

Al hierdie kritiek moes uiteindelik sy tol geëis het. Daarmee saam kan Brink ook die skrif aan die muur vir Suid-Afrikaanse onderwys sien. Met skole en veral wiskunde-onderrig wat agteruit gaan, asook standaarde wat konstant afwaarts aangepas word, is dit net ‘n kwessie van tyd voordat eens voortreflike universiteite soos Stellenbosch insgelyks ‘n Derde Wêreldstatus gaan verkry.

Hoewel Brink in sy tyd alles in sy vermoë gedoen het om Afrikaans aan Stellenbosch te verwoes, lê hy dus wel gesonde oordeel aan die dag as dit by sy loopbaan en die veiligheid van sy gesin in ‘n misdaadgeteisterde Suid-Afrika kom. Met sy emigrasie spreek Brink ook implisiet ‘n finale oordeel oor Suid-Afrika en die toekoms van sy universiteit uit.

Alles in ag genome, verteenwoordig Brink se bedanking egter ‘n oorwinning vir die taalstryders aan Stellenbosch en kan elke Afrikaner wat steeds waarde aan sy moedertaal heg, vandag trots voel dat ons ‘n hanskakie in die see gejaag het al die pad Newcastle toe.

‘n Veldslag is teen Brink gewen, maar die taaloorlog aan Stellenbosch is nog nie verby nie. Brink se opvolger mag selfs meer polities korrek en pro-Engels as hy wees. Daarom mag die openbare druk om Stellenbosch vir Afrikaans behoue te laat bly, nie verslap nie en moet Brink se akademiese geesgenote en hul gedweep met Engels met ‘n arendsoog dopgehou word. Ook hulle moet genadeloos aan die kaak gestel word en onder die geregverdigde argwaan van die Afrikaanse publiek deurloop.

bridal hair tiaraАлександр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.