Duitsers drink minder bier

Deel op

Image

Merkel, wat glo rooiwyn verkies, drink bier

Duitsers drink al hoe minder bier. Op grond van skattings deur die brouersvereniging, het die verbruik van bier in die eerste halfjaar van 2009 met meer as vyf persent gedaal. So 'n skerp afname is nog nooit beleef nie, sê die voorsitter, Michael Weiß.

Deel op

Die jaarlikse verbruik per kop mik nou na die 100-liter kerf – in 2008 was dit nog 111,1 liter. Faktore wat hiertoe aanleiding gee, is werksonsekerheid, wat verbruik in die algemeen strem, en die onlangse rookverbod in kroeë

'n Toename in verbruik word eers teen 2012 verwag.

Een Duitser wat egter rede het om meer bier te drink, is die kanselier, Angela Merkel. Onlangse meningspeilings toon aan dat haar Christen-Demokratiese Unie heel waarskynlik die Duitse verkiesing later in die jaar gaan wen, en hierdie keer dalk sonder om 'n koalisie te vorm met die Sosiaal-Demokrate (SPD). Die linkse SPD se steunbasis hou aan om te krimp en dit wil lyk of dit 'n Europese tendens uitmaak, met die Arbeiders in Engeland wat ook toenemend by die stembus slae kry.

преимущества и недостаткиФільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.