Afgedankte kry administrateurspos

Deel op

Mojalefa Matlole, die administrateur wat aangestel is om die Ngaka Modiri Molema-distriksmunisipaliteit (Lichtenburg, Ottoshoop, Mafikeng) in Noordwes sogenaamd reg te ruk, is die afgedankte munisipale bestuurder van die Mangaung-munisipaliteit wat steeds teregstaan op aanklagte van rampokkery.

Deel op

Hy het in Mei saam met 18 medebeskuldigdes in die Vrystaatse hooggeregshof verskyn op onder meer twee aanklagte van rampokkery wat spruit uit ’n ondersoek na Mangaung (Bloemfontein, Thaba Nchu en Botshabelo) se finansies.

Hy verskyn weer op 9 Desember in die hof in die strafsaak teen hom.

Chris Hattingh, DA-leier en LPW in Noordwes, het gesê dit is skandalig om Matlole aan te stel om administrateur te wees van ’n munisipaliteit wat deurspek is met bedrog, korrupsie, wanbestuur en wanbesteding.

Die provinsiale regering is glo bewus daarvan dat die aanstelling kritiek kan ontlok maar Matlole se woordvoerder sê die administarteur is onskuldig totdat hy skuldig bevind word.

Matlole is in 2006 ná ’n tugverhoor afgedank nadat hy op 72 klagte van bedrog en korrupsie skuldig bevind is.

free online casinoФільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.