As jy nie werk nie, moet jy nie eet nie!

Deel op

Ek het onlangs vir die eerste keer deur 'n dokument geblaai: Verslag van die Volkskongres oor die Armblankevraagstuk gehou te Kimberley 2-5 Oktober 1934.

Deel op

Daar is drie besondere punte wat ek wil uitlig. Dit toon weereens vir my dat hoe meer dinge verander, hoe meer bly hulle dieselfde.

1. Diepe afhanklikheid van God Drieënig

In die openingsrede, wanneer daar oor oplossising gepraat word, meld ds. van Huysteen:

"Die ewige waarheid so helder en duidelik verkondig deur die onfeilbare woord van God, toon ons aan in Ps 127:1 'As die Here die huis nie bou nie, tevergeefs werk dié wat daaraan bou, as die Here die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter.' Ons wil dit uitspreek as ons heilige oortuiging dat ons pragtige en haas volmaakte organisasie, ons deeglik voorbereide stukke en ons ernstige beraadslaginge weinig vrug sal dra, as ons nie in diepe afhanklikheid van die Almagtige die saak aanpak nie, en as ons nie gewillig is om die volmaakte voorbeeld te volg van ons Grote Leermeester, wat alleen die wonderlike Oplosser is van al ons probleme, tydelik en geestelik."

2. Die ongelooflike orde, volledigheid en logies praktiese implementeerbaarheid van die besluite

Die logiese orde wat gevolg is: ondersoek, besluite en handeling, met ander woorde: die Hoof, die Wil en die Hand tree een na die ander op.

Ek sal later by 'n paar interssante besluite kom, maar kyk bv. na die volgende uit dr Verwoerd se stuk:

Voorstelle om die vraagstuk van blanke armoede te beveg gaan in vyf rigtings, nl.:

1. Maatreëls tot voorbehoeding van ekonomiese agteruitgang van die gewone gemidelde burger.

2. Maatreëls tot voorbehoeding van ekonomiese agteruitgang van diegene net bo die armoede grens.

3. Maatreëls tot voorbehoeding van diegene wat nie beskerm kan word teen tydelike ekonomiese verdrukking nie.

4. Maatreëls tot ekonomiese opheffing van reeds verarmdes.

5. Maatreëls tot maatskaplike opheffing van reeds verarmdes.

Die kongres het o.a. bespreek;

·         Herorganisasie van Welvaartswerk

·         Verbetering van behuisingtoestande

·         Ontwikkeling van die plattelandse verpleegingsdiens

·         Ontspanning en vermaaklikheid vir minderbevooregdes

·         Subsidiëring van welvaartswerk

·         Sorg vir afgeleefdes

·         Kinderwelvaart en Jeugmisdaad

·         Werkverruiming in die stedelike werkkringe vir mans

·         Skepping van werksgeleenthede

·         Werkverskaffing en versorging van vroulike werksters

·         Tydelike werksverskaffing

·         Tydelike versorging van werkloses

·         Werkverskaffing op die platteland

·         Dwangkolonies en Kerknedersettings

·         Die posisie van die kerk

·         Die Christelike idiaal in maatskaplike werk

·         Vraagstuk as sielkundige-opvoedkundige

·         Skoolstelsel en leerplan

·         Gesondheidsonderwys

·         Beroepsleiding, Beroepopleiding en Volwasse opvoeding

·         Maatskaplikke Implikasies van die Christelike Evangelie.

Die lys verstom my met sy volledigheid, en dít in 1934!

3. Praktiese uitvoerbaarheid van die besluite wat geneem is

“Aanhef

Onder die diepe besef dat die bouliede tevergeefs arbei as die Heer die huis nie bou nie,en dat die wagters tevergeefs waak as die Heer die stad nie bewaar nie, lê die Kongres onder biddend opsien tot God die volgende besluite aan die volk voor:

·         Herorganisasie van Welvaartswerk

·         Behuising

·         Gesondheidsdiens op die Platteland

·         Ontspanning en vermaaklikheid

·         Subsidieering van welvaartswerk

·         Binnemuurse liefdadigheid

·         Sorg vir afgeleefdes

·         Kinderwelvaart en jeugmisdaad

·         Maatreels tot veruiming vir mans on stedelike werkkringe

·         Die skepping van groter werksgeleenthede

·         Maatreels tot verkryging van 'n meer rasionele uitplasing vir werk

·         Werkverskaffing aan en versorging van vroulike werknemers

·         Tydelike werkverskaffing

·         Tydelike versorging van werkloses deur werkloosheids- en Siekteversekering

·         Werkveruiming op die platteland deur die algemen bevordering van Landbou

·         Spesiale werkverskaffing op die platteland aan blanke armes

·         Dwangmaatreëls vir volwassenes

·         Kerknedersettings en arbeidskolonies

·         Sentralisasie van skole

·         Agterlike en vertraagde kinders

·         Sertifikate

·         Skoolbiblioteke

·         Voorskoolse opvoeding

·         Opleiding van onderwysers

·         Inskerping van gewoontes en geesteshoudings

·         Gesondheidsopvoeding

·         Beroepsleiding

·         Beroepsopleiding

·         Volwasse opvoeding”

Honderd en Agt (108) besluite in total.

Vir my was die implementering van dwangkolonies vir mense wat nie wou werk nie iets wat ek nooit aan gedink het nie. Die Nuwe Testamentiese Bybelse beginsel dat as jy nie werk nie moet jy nie eet nie blyk vir my die motiveering te wees.

Bogenoemde is vir my vreeslik interesant, want die geskiedenis herhaal homself maar telkens. My brief is baie oppervlakkig, en ek probeer geen stelling daarmee maak nie. Dit sal net vir my insigewend wees indien daar iemand is wat 'n artikel wil skryf oor die Kongres, met spesiale verwysing na hoe dit so suksesvol geimplementeer is dat ons teen die jare sewintig 'n groot middelklas geskep het, en werkloosheid op 'n laagtepunt was.

casino strategy slotsФильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.