‘n Week van stakings l? voor

Deel op
'n Week van stakings lê voor vir Suid-Afrika. Vervoer, munisipale, en farmaseutiese werkers wil Maandag ophou werk omdat gesprekke vir loonverhogings op 'n dooie punt uitgeloop het ter elfder ure.

Indien Metrorailwerkers staak gaan 1,5 miljoen pendelaars gestrand wees.

Chris de Vos, die algemene sekretaris van Utata (United Transport and Allied Trade Union), het gesê daar was nog geen teken dat die base wil teken nie. Utata vra 'n 7% verhoging van Metrorail met 'n ekstra 2% in September.

Saam met Satawu (SA Transport and Allied Workers' Union) verteenwoordig die twee unies 10 000 werkers.

Munisipale werkers van Samwu sê voorts daar is nog geen aanduiding dat die beplande staking afgeweer kan word nie.

Algemene sekretaris van die unie, Mthandeki Nhlapho, sê ten minste 150 000 munisipale werkers oor die hele land kan ophou werk.

Samwu die Onafhanklike Munisipale Vakbond het albei die aanbod van 11,5% verwerp. Hulle waarsku dat noodsaaklike dienste deur die aksie graak kan word.

Johannesburg, Pretoria en Kaapstad maak solank reg vir die stakings. In Pretoria gaan die busdiens geraak word en raadslid Gabriel Twala het reisigers gewaarsku dat hulle ander vorme van vervoer sal moet gebruik.

Metrobus in Johannesburg het 'n soortgelyke waarskuwing uitgereik en in Kaapstad het die stadsraad gewaarsku dat vullisverwydering geraak mag word.

Thabani Mdlalose, adjunk-sekretaris van Ceppwawu (Chemical, Energy, Paper, Printing, Wood and Allied Workers' Union) het aan Sapa gesê die unie beplan protesaksies in Durban, Port Elizabeth en Kaapstad.

Mdlalose sê aptekers gaan steeds van die werk wegbly totdat 'n skikking bereik word.

Werkers in die petroleumsektor gaan ook hierdie week aan die staking deelneem, asook die Kommunikasiewerkersvakbond wat teen Telkom en die SAUK betoog oor swak administrasie en werksverliese.

купить стендыtopcargo

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.