Gaping tussen wit en swart in VSA groei

Deel op
Die gesaghebbende Rasmussenverslae se Presidential Tracking Poll wys dat 29% van Amerikaners Obama sterk ondersteun, terwyl 40% sterk gekant is teen die president. Dit is die eerste keer dat die swart leier se gewildheid in die negatiewe indeks na dubbelsyfers van -11 daal.

Nadat Obama sy land oor die naweek in 'n onderhoud op televisie toegespreek het, het die positiewe persentasie dieselfde gebly, maar die negatiewe gevoelens onder kiesers het met 5% van Woensdag na Sondag opgeskiet.

Die president van die VSA het 'n swak punt gekry vir sy hantering van die Cambridge-insident toe 'n swart Harvard professor deur die polisie aangekeer is. Die uitslag van die jongste gewildheidspeiling wys ook dat dat die gaping tussen wit en swart Amerikaners oor alle kwessies al hoe groter raak.

In die breë ondersteun 49% van die kiesers hulle president, terwyl 50% sy optrede afkeur. Een rede wat die opstellers aangee is dat Obama se steun hoofsaaklik uit die geledere van jong kiesers kom wat nie gaan stem nie.

Die aantal Amerikaners wat Obama as "baie liberaal" sien het ook toegeneem sedert sy verkiesing.

в бассейнДанильченко Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.