Aksiegroep Colesberg laat burgemeester, finbestuurder arresteer

Deel op

Image

Colesberg: skilderagtige dorpie met ‘n ANC-munisipaliteit

Die Aksiegroep Colesberg, wat 'n stryd teen munisipale wanbestuur op die dorp voer, het gister die burgemeester en finansiële bestuurder vir minagting van die hof laat arresteer. Die inhegtenisname spruit uit 'n bevel nisi wat die aksiekgroep op 30 Junie 2009 teen die munisipaliteit, munisipale bestuurder, burgemeester en finansiële bestuurder bekom het.

Deel op

In die bevel word die munisipaliteit beveel om voorafbetaalde krag wat deur hom opgeskort is, te herstel en om voort te gaan om krag aan inwoners met voorafbetaalde krag te voorsien.

Tans is inwoners besig om erfbelating van die munisipaliteit te weerhou as gevolg van 'n dispuut wat met die liggaam verklaar is.

Volgens mnr. Johan Matthee, het sy "geduld ná twee weke opgeraak en ek het 'n klagte van minagting van die hof teen die respondente by die SAPD aanhangig gemaak. Die polisie het voete gesleep totdat ek vanoggend die stasiekommissaris in kennis gestel het dat ek die aangeleentheid by die provinsiale kommissaris gaan aanmeld".

Gistermiddag het die speurhoof, sy adjudant, asook die Aksiegroep Colesberg se prokureur, mnr. Deon Dohne, omstreeks 15:30 vergader. Mnr. Matthee het bevestig dat die finansiële bestuurder en die burgemeester daarna op 'n klag van minagting van die hof in hegtenis geneem is ingevolge artikel 106 van wet 32 van 1944, die wet op landdroshowe. Mnr. Matthee het voorts gesê: "Die munisipale bestuurder bevind homself in Pretoria en sal by sy terugkeer na Colesberg eerskomende Maandag ook gearresteer word."

Die dag daarna, Dinsdag 28 Julie 2009, sal die aansoek voor die plaaslike landdros voorkom om dit te bekragtig. Volgens die aksiegroep het hulle reeds kennis gekry dat die munisipaliteit die aansoek gaan teenstaan.

Intussen is die burgemeester en finansiële bestuurder op borg vrygelaat.

Die Aksiegroep Colesberg is lid van die Nasionale Belastingbetalersunie onder voorsitterskap van mnr. Jaap Kelder van Kemptonpark. Soortgelyke aksies om munisipaliteite reg te ruk word landwyd deur die unie gevoer, onder andere op Sannieshof waar mev. Carin Visser insgelyks in hofgedinge met die korrupte en spandabelrige munispaliteit van Tswaing wat verskeie ander dorpe ook insluit betrokke is.

насосное оборудование харьковЛобановский

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.