Nou gaan Spoorwe? ook staak

Deel op

Image

Te midde van 'n revolusionêre gees wat in die land heers met massavergaderings wat landwyd in lokasies gehou word, het die United Transport and Allied Trade Union (Utatu) en South African Transport and Allied Workers' Union (Satawu) albei kennis gegee dat Metrorail beplan om vanaf Maandag te begin staak.

Deel op

Die twee vakunies verteenwoordig 10 000 werkers van die spoorwegmaatskappy. Volgens Utatu se algemene sekretaris, Chris de Vos, gaan twee miljoen pendelaars gestrand wees indien die staking sou voortgaan aangesien geen van die passasierstreine gaan loop nie.

In 'n gesamentlike verklaring Woensdag het die twee vakbonde gesê: "Hoewel ons oorspronklike eis om 'n loonverhoging 12,5 persent was, sal ons die sewe persent terugwerkend tot 1 April aanvaar, asook nog 'n twee persent vanaf 1 September.

"Metrorail is egter besig om die ooreenkoms te bederr deur ander kwessies wat ons nie bereid is om tydens hierdie loononderhandelings te bespreek nie," het Chris de Vos gesê. "Niemand behalwe die hardkoppige Metrorail-bestuur se onderhandelaars moet vier die komende krisis geblameer word nie."

'n Woordvoerder vir Metrorail, Sibusiso Ngomane, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

slots play fortopcargo отзыв

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.