Onrus brei uit na Meyerton en Balfour

Deel op
Inwoners van Meyerton, suid van Johannesburg, het Woensdagoggend in opstand gekom volgens die polisie van Vereeniging.

Kaptein Shado Mashobane sê die oproer vind plaas op die pad tussen Meyerton en Kliprivier.

Hy kon nie verdere besonderhede verskaf oor gebeure daar nie.

Die SAUK berig dat die onrus as gevolg van swak dienslewering uitgebreek het en dat dit verkeer na Johannesburg belemmer.

Betogende inwoners van Balfour in Mpumalanga het Dinsdag ook versperrings in die strate van dié dorp opgerig en brande gestig oor 'n klaarblyklike gebrek aan dienslewering.

липецк прессыОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.