Stig eie Afrikanerbedrywe, sonder SEB

Deel op

Daar heers tans 'n lewendige debat op Praag se webtuiste oor die toekoms van 'n Afrikanerleefwyse en -kultuur in die huidige opset in Suid-Afrika. Ek maak graag 'n paar opmerkings in dié verband.

Deel op

Afgesien van 'n kern "suiwer" blanke Afrikaners – van wie heelwat aan die bogenoemde debat deelneem of dit ten minste op die webstuiste lees – hoeveel meestal Afrikaanssprekende blankes koester dieselfde hoop en doelwitte vir die herwinning van ons eie kultuur en identiteit? Ken hulle hulle volk se geskiedenis en prestasies? Die wêreld is besig om al hoe meer homogeen te raak waar almal Levi-denims dra, MacDonalds eet en Bold and Beautiful op TV kyk. Die opdringerige globale media skep 'n al meer homogene samelewing waar unieke kultuuridentiteite besig is om te vervaag en saam te smelt. In 'n samelewing waar ekonomiese oorlewing en gemeenskapskonformiteit al hoe belangriker raak, hoeveel mense gaan opstaan, die opofferings maak en saamtrek in 'n eie rigting wat vir die Afrikaner weer hoop gaan gee? Daar is die mense wat sal, maar daar is meer waarvoor die kool nie die sous werd is nie. Wat is die baken waarom alle Afrikaners kan verenig? Waar is die helde wat kan opstaan en leiding gee en waarop 'n nasie kan trots wees? Waar is die mense vir wie eie gewin onbelangrik is, vir wie nasiebou en volk en vaderland alles is. Wat die opofferings vir 'n groter saak sal maak? Dit raak al laat dat hulle te voorskyn moet kom.

Die moderne samelewing is op gemaksug gebou: kitskos, mikrogolfoonde, selfone en die internet. Swaarkry, eelte op jou hande en sweet op jou voorkop is vir die meeste mense heel vreemde konsepte. Die ergste swaarkry is as die krag af is en jy nie TV kan kyk nie of jy nie 'n selfoonsein het nie. Met so 'n lamlendige groep kan mens mos nie 'n oorlog wen nie of hoe? Voordat daar nie 'n algemene besef is dat oorwinning uit opoffering spruit, gaan daar bitter min vordering wees. En voordat daar nie 'n nuwe algemeen aanvaarde doelwit is, 'n doelwit wat haalbaar is, wat mense aangryp en opgewonde maak en waaraan doelgerig gewerk en nagestreef word, gaan 7de Laan nog steeds die opwindendste item op meeste mense se program wees.

Solank daar nie 'n werkbare alternatief vir die huidige onderwysstelsel is nie, gaan die Afrikanervolk deurgaans verswak. Die kommuniste is uitgeslape en dis nie verniet dat hulle Afrikanerjongelinge deur middel van 'n verwronge onderwysstelsel volgens hulle eie siening opvoed nie. Ons is besig om ons kinders aan 'n voksvreemde moondheid te oorhandig. Die tragedie hiervan is dat die Afrikanervolk nog met geen alternatief vorendag gekom het om hierdie misvorming van die jong Afrikanerverstand teen te staan nie. Waar is ons Afrikaneropvoedkundiges, waar is ons intellektuele, waar is ons akademici? En as hulle nie self in die bres sal tree nie, waar is dan bloot net die entrepreneurs wat hierdie smag na 'n eie onderwysstelsel op 'n kapitalistiese wyse kan bevredig? As ons nie eienaarskap van ons kinders en hulle opvoeding kan terugneem nie, is daar 'n skrale hoop op sukses. Ek meen dis hier waar ons ernstigste behoefte lê, dis ons belegging in ons volk se toekoms en die kommuniste het dit van ons, willens en wetens, afgeneem.

Die term "drastiese aksie" is al in bogenoemde debat gebruik. Drastiese aksie sluit in die stigting van eie Afrikanerbedrywe, sonder SEB, die sluit van besigheidskontrakte met enersdenkende maatskappye, die steun van die besighede deur die breë publiek, die bedryf van etiese besighede deur sakemanne wat hul volk se saak op die hart dra. Dit sluit ook in die uitsluit van volksvreemdes uit die "eie ekonomie", 'n tipe Afrikaner- regstellende aksie waar daar net werk en geleenthede vir Afrikaners en enersdenkendes is. Ek wil weereens weet waar is ons nyweraars, ons sakemanne, ons wetenskaplikes, entrepreneurs en finansiers? As Mammon sy kloue al so diep in hulle geslaan het dat geld hulle god geraak het, is dit reeds laat in die dag vir ons volk. Hoekom ondersteun die breë Afrikaner nie 'n eie koerant nie, of is Huisgenoot deesdae die alfa en die omega van die Afrikaanse media?

Voordat die breë samelewing, die Afrikanerman op straat, nie met die strewe na 'n eie identiteit van ons volk kan identifiseer nie, gaan die afdraande pad waarop ons as volk tans verkeer nie verander nie. Uit eie betrokkenheid met verskeie vrywilligerinstansies is dit vir my duidelik dat die gewone persoon maar heel apaties staan teenoor "die groter saak". Dis 'n opdraande stryd om mense te mobiliseer en van denkwyse te laat verander. Indien ons as Afrikaners nie beheer oor die opvoeding van ons kinders en die media gaan verkry nie, gaan die pad vorentoe maar lank wees.

PRAAG verdien volpunte vir sy onbaatsugtige diens wat hy in hierdie verband lewer. Die alternatiewe sienswyses en standpunte wat hy lewer is vir ons volk lewensbelangrik. Lesers kan gerus hierdie artikels so wyd as moontlik versprei sodat hierdie webtuiste inderwaarheid as teenvoeter vir Naspers se snert kan dien.

строительство саун москваОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.