Openbare geweld dreig aan Oosrand

Deel op
ImagePolisie het Dinsdag rubberkoeëls gevuur om 200 hostelbewoners in Thokoza op die Oosrand wat oor dienslewering betoog het. uitmekaar te jaag.

Die inwoners het by nog voor die son opgekom het teen 4:30vm in Khumalostraat byeengekom, volgens Kaptein Mega Ndobe van die SAPD.

Die groep is ontstoke oor die toestand van die hostel en dienslewering oor die algemeen, maar hulle is deur die polisie gekeer omdat hulle nie die nodige toestemminmg vir die opmars gehad het nie.

Betogers het vroeër klippe gegooi en verskeie voertuie, ook dié van die polisie, is beskadig in die geweld. 'n Fotograaf van Sapa het die toestand as "uiters gespanne" beskryf en polisie moes die skare met rubberkoeëls onder bedwang hou.

Ndobe het gesê daar is tot dusver 17 mense in hegetenis geneem op aanklagte van openbare geweldpleging en nog arrestasies word spoedig verwag.

Betogers bevind hulleself tans in die hostel terwyl 'n swaar polisieteenwoordigheid die situasie buite die gebou monitor.

Polisielede is op hierdie stadium steeds in samesprekinge met hostelleiers en munisipale verteenwoordigers gewikkel.

Khumalostraat is afgesper en Ndobe het lede van die publiek gevra om die gebied te vermy.

"Hulle moet deur Madondo, by Mazibukostraat aansluit en by Skhosanastraat uit na Thokoza se polisiestasie gaan," het hy gevra.

дренажный насос дляФильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.