Pik Botha gee dwarsklap na die regses

Deel op

Op Carte Blanche, M-Net se aktualiteitsprogram, het Pik Botha 'n klap na regses probeer uitdeel. Die program het oor die maanlanding 40 jaar terug gehandel. Daarin verkwalik hy Albert Hertzog dat SA nie al in die sestigerjare televisie gekry het om na die maanlanding te kyk nie.

Deel op

Behalwe dat dit seker ook 'n kabinetsbesluit was, is Hertzog se waarskuwing (as Pik dit korrek weergegee het) dat pornografie en die diaboliese (seker uiterste geweld, moord) en lae morele waardes, ook op televisie uitgebeeld sou word, nou bewaarheid. Wat sien ons nie deesdae op die meer gewilde kanale nie? Sport is omtrent die enigste kykstof wat nie uitermate geweld, los sedes en pornografie vertoon nie!

Die Nasionale Party onder Vorster en sy navolgers het met die SAUK-TV, soos die ANC tans, televisie as propaganda- en breinspoelmiddel gebruik teen regses/teenstanders. Dus was Albert Hertzog se waarskuwings, hoe vergesog Pik hulle ook al wil maak, gegrond en bewaarheid.

зарядноеОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.