Suid-Afrika word net nog ‘n agterlike Afrikastaat

Deel op

Die onderliggende probleme waaraan die NP nie aandag gegee het nie, was voor die hand liggend. Die ANC bied ook geen oplossings nie.

Deel op

As mens in die platteland ry, kan mens die groot nie-blanke woonbuurt op elke dorp sien. Die dorpe is oorspronklik deur blankes gestig, maar die blankes is nou oral in die minderheid weens hoë bevolkingsgroei onder nie-blankes. Die bevolkingsgroei moes lankal beperk gewees het. Die ANC doen die teenoorgestelde met kindersubsidies. Die blanke bevolking krimp al sedert die 1985-sensus, terwyl die swart bevolking steeds eksponensieel toeneem.

Die blankes het die meeste van die plaasgrond vir hulself gevat, en die nie-blankes is grootliks uitgesluit uit ekonomiese aktiwiteit behalwe as ongeskoolde arbeid (behalwe in die TBVC-state, wat bewys het dat die swartes nie hulle eie ekonomie kan skep nie). Die NP se oplossing was onwerkbaar. Hulle moes lankal 'n federasiestelsel geskep het, met state wat hulle eie graad van onafhanklikheid kon kies, en vrywillig saamwerk waar nodig.

Die NP het vir Afrikaanssprekendes werk gegee in die staatsdiens. Die ANC het nou omtrent al die blankes uit die staatsdiens geforseer. Die ANC is te onnosel om te verstaan dat jy nie die poste van 10% van die bevolking met die ander 90% kan vul nie. Die regstellendes kan nie die werk doen nie. SA word net nog 'n agterlike Afrikastaat.

real activeФильчаков прокурор харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.