Ruimtemanne moet knyp

Deel op

Die Internasionale Ruimtestasie, IRS,  se toilet het gebreek – en dít terwyl daar tans ’n rekordgetal van 13 ruimtevaarders aan boord is.

Hulle word nou genoodsaak om almal die “spaartoilet” aan die Russiese kant van die IRS of die ruimtetoilet op Nasa se Endeavour-pendeltuig te gebruik.

Die pendeltuig is tans aan die stasie geanker.

“Plak maar ’n ‘buite werking’-nota daarop,” het dr. Hal Getselman, sendingbevelvoerder van Nasa, vandeesweek ná verskeie onsuksesvolle herstelpogings aan ’n IRS-bemanningslid gesê.

Die toiletkompartement, wat aan die IRS se watersuiwering- en herwinningstelsel gekoppel is, dien as die bemanning se hoofbadkamer.

Nasa het die bemanning beveel om die toilet op Endeavour so min as moontlik te gebruik omdat die toiletwater nie oorboord gegooi kan word terwyl die pendeltuig aan die IRS geanker is nie.

Dít laat die bemanning met ’n enkele, werkende “spaartoilet” aan die Russiese kant van die IRS.

Om toiletwater uit die geankerde pendeltuig oorboord te gooi, kan ’n nuwe platform besmet.

Dit is Saterdag aan die buitekant van die IRS geïnstalleer om wetenskaplike eksperimente uit te voer.

Die Endeavour-bemanning het dié “staanplatform” Saterdag aan die voorkant van die IRS se Kibo-laboratorium geïnstalleer.

Dit sal vir eksperimente gebruik word waarin dit nodig is dat stowwe onbeskermd aan die buitenste ruimte blootgestel moet word.

Volgens dr. Brian Smith, die IRS se vlugdirekteur, sal die stukkende toilet net ’n groot probleem word as dit nie binne die volgende ses dae herstel word nie.
автомобильныйОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.