De Klerk se jongste set

Deel op

Image

FW de Klerk het bloed aan sy hande, die bloed van die 50 000 Afrikaners wat sedert 1994 gewelddadig gesterf het en steeds sterf. Ook die honderdduisende Afrikanervroue wat oor die afgelope 15 jaar deur swartes aangerand of verkrag is, is sy verantwoordelikheid. Elke dag lees ons in die pers en op die internet van die chaos en geweld wat op plase en in die voorstede woed.

Deel op

Nie net was De Klerk aandadig aan groteske verraad deur die mandaat wat hy van die destydse blanke kieser ontvang het om te onderhandel as 'n vrypas vir oorgawe te interpreteer nie, maar die grondwet wat hy en sy handlanger Roelf Meyer aangeneem het, is 'n volslae klug. Feitlik elke reg in die sogenaamde grondwet, dié op gebruik van die eie taal, die reg om te werk, eiendomsreg, ensovoorts, word in terme van ras gekwalifiseer.

Artikel 9 (5) van die SA grondwet bepaal: "Diskriminasie… is onbillik, tensy daar vasgestel word dat die diskriminasie billik is."

Daarom moet De Klerk se onlangse uitspraak by 'n Solidariteit-konferensie oor regstellende aksie, waar hy hom teen "ongelykheid" uitgelaat het, gesien word vir die absurditeit wat dit is. As argitek van die grondwet en die klakkelose oorgawe aan die radikale, eksterne, gewapende vleuel van die terroristiese ANC, het hy ongelykheid en anti-blanke diskriminasie tot in aller ewigheid op sy eie mense afgedwing. Nie dat De Klerk meer 'n Afrikaner is nie, want indien hy hoegenaamd begaan was oor die gestadigde volksmoord wat tans teen Afrikaners gepleeg word, sou hy lankal ereselfmoord gepleeg het om aan 'n uiteindelike vuurpeleton van sy eie mense te ontkom.

Solidariteit, wat enkele jare gelede nog gemeen het dat regstellende aksie "onvermydelik" was maar net "billik" toegepas behoort word, is dubbel naïef in sy benadering tot regstellende aksie. Aan die een kant word gemene saak met die verraderlike De Klerk gemaak wat moontlik weer 'n strategie in die mou voer om die Afrikaner van die wal in die sloot te help. Aan die ander kant gaan die internasionale ideologiese en strategiese dimensie van ras en rassewetgewing aan die vakbond verby.

Met Obama in die Withuis, word die Amerikaanse Hooggeregshof tans getransformeer om die magsbalans in die hof na links te druk. Die aanstelling van die ultraliberale en antiblanke Spaanssprekende regter, Sonia Sotomayor, wat moeilik deur die Republikeinse minderheid gekeer gaan word, sal verseker dat die Amerikaanse Hooggeregshof voortaan regstellende aksie met hernieude ywer in die VSA gaan toepas.

Intellektueel en ideologies is Suid-Afrika deesdae die "51ste staat" van die VSA. Trouens, die totaliteit van die ANC se anti-blanke wetgewing en maatreëls is feitlik onveranderd vanuit Amerika oorgeneem. Binne hierdie klimaat waar regstellende aksie internasionaal al hoe ongenaakbaarder toegepas gaan word, is daar geen kans dat rasionale argumente daarop indruk gaan maak nie.

Uiteindelik is regstellende aksie 'n teenstrydigheid. Dit gaan nie daaroor om enigiets "reg te stel" nie, maar om instellings van blankes te suiwer of om 'n dubbele standaard te handhaaf waar swartes se prestasie met 'n ander, laer maatstaf as dié van blankes of selfs Asiërs gemeet word.

Die aandrang op regstellende aksie geskied ook nie om enige reële of historiese onreg te herstel nie, maar op grond van rassenasionalisme. Terwyl enige vorm van blanke bewussyn as "rassisme" gesien word waarvoor blankes selfs krimineel vervolg kan word, verteenwoordig swart rassenasionalisme die normale uitdrukking van die swartman se kultuur en identiteit.

Daarom, selfs al gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie tot niet soos dié van Zimbabwe, sal regstellende aksie gehandhaaf word. Geen rasionele argument of 'n beroep op gelykheid sal indruk maak op dié rasgedrewe beweging wat byna globaal en al hoe sterker in die VSA gevoer word nie.

Dis 'n ope vraag of De Klerk oneerlik of bloot dom is. Miskien albei. Terwyl Amerika hom gereed maak om deur wetgewing en grootskaalse immigrasie sy eie blanke meerderheid tot dieselfde magtelose minderheidstatus as dié van Suid-Afrikaanse blankes te reduseer, gaan Suid-Afrika insgelyks voortstrompel op die pad van regstellende aksie en sogenaamde "swart bemagtiging" wat ons ekonomie, landbou, infrastruktuur en die regstelsel op sy knieë gaan dwing.

De Klerk sal in die geskiedenis gesien word as die man wat nie net die Afrikaner vernietig het nie, maar 'n hele beskawing in Suider-Afrika tot 'n val gebring het. Sy huidige politiekery vanuit sy geveerde leuenstoel is waarskynlik bedoel om ons mense nogeens 'n rat voor die oë te draai – om ons huidige ondergang en verdrywing uit ons vaderland net verder te verdoesel.

освещение лестницы вДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.