Beeld se Afrikageografie

Deel op

Beeld se geografie het die koerant sleg in die steek gelaat en nie wat die verre ooste van die ou Sowjet-unie betref nie, maar op hulle eie kontinent.

Sedert die verhoor van die  berugte Charles Taylor, hou Beeld vol om na die "Libiese oudleier" te verwys.

Libië en Liberië is natuurlik nie dieselfde plek nie en kolonel Ghadaffi sal onthuts wees om te weet dat die swart Taylor ooit aan die spits van sy Arabiessprekende land gestaan het soos die grootste Afrikaanse weekblad beweer.

Vir 'n koerant wat so sterk met die kontinent identifiseer, is dit 'n vreemde blaps. 

how to play cludoпрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.